'n Supermandjie vol pryse
Rugby
Nadat geen deelnemers die afgelope twee weke die wenspan se telling in Republikein en MultiChoice Namibia se Superrugby-raai korrek kon voorspel nie, is daar hierdie week 'n supermandjie vol pryse op die spel.
Deelnemers moet die eindtelling tussen die Stormers en Blues raai.
In die wenmandjie is ses pryse van N$500 elk, 'n hoë definisie-dekodeerder ter waarde van N$299 en 'n Explora-dekodeerder ter waarde van N$1 299.
Die vorige twee wedstryde het groot tellings opgelewer. Die Bulle het tuis met 35-49 in die Jukskei-derby teen die Leeus verloor en die afgelope naweek het die Sharks 'n pak slae van 50-22 aan die Sunwolves uitgedeel.
Vir beide wedstryde is groot tellings deur sommige voorspel, maar niemand was 100% in die kol met die wenspanne se tellings nie.
In die stryd tussen die Bulle en Leeus het tien probeerslae meer as 40 punte vir 'n seëvierende Leeus-span op die telbord geplaas.
Die naaste raaiskoot (50 vir Leeus) was met net een puntjie uit, maar die Bulle se telling was te ver uit die kol.
In die Sharks se geval het talle deelnemers 'n groot telling verwag. Uit raaiskote wat ontvang is, het 53 verwag dat die Suid-Afrikaners 40 of meer punte sou opstapel. Die naaste aan die oorwinnaars se 50-tal was 49 en 51. Naelskraap, maar nie op die tiekie nie.
Volledige bepalings en voorwaardes by: www.republikein.com.na/page/kompetisies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie