‘n Stemjaar se soetkoek
Swapo se uitreiking na jong kiesers tydens die bekendstelling van die regerende party se manifes is geen verrassing of splinternuwe ontwikkeling nie.
Geen politieke party kan oorleef of groei sonder om die jeug doeltreffend te betrek nie.
Hoewel die Verkiesingskommissie (ECN) nog nie besonderhede oor die ouderdomme bekend gemaak het van die meer as 250 000 bykomende kiesers wat geregistreer is nie, kan ‘n mens aanvaar ‘n groot groep hiervan sal nuwe, jong stemgeregtigdes wees.
Elke kieser moet self partye se beloftes en ondernemings nugter beoordeel. In gister se verkiesingsrubriek is ontstemmende data gedeel wat toon die regering se duidelike en selfs groeiende gebrek aan prestasie het geen impak op lojaliteit aan Swapo nie.
‘n Versekering dat nie ‘n enkele persoon ooit hul werk weens tegnologiese vooruitgang sal verloor nie, is een van daardie uitsprake wat niks anders as soetkoek is nie.
Met die geluide wat byvoorbeeld die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) en Landless People’s Movement (LPM) maak en ‘n moontlike hernuwing in die Popular Democratic Movement (PDM) het Swapo nuwe en jong stemme broodnodig.
Die LPM blaas die beuel van versnelde grondonteiening. Terwyl hulle ander opposisiepartye van onuitvoerbare beloftes beskuldig, hou hulle nogal die wortel van gratis grond voor die neuse van alle inwoners van informele nedersettings . . . Die paradoks skree ten hemele.
Namibië het opgevoede kiesers – veral ook die jonges – nodiger as ooit.
So sê ander
7 Oktober 2019
Trump sal sy kop hard stamp
Eers was daar slegs fyn haarbarsies in pres. Donald Trump se vestingmure.
Dié barsies het nog nie tot die ineenstorting van die mure gelei nie, en dalk gebeur dit ook nie. Maar hulle het nou tot sigbare barste ontwikkel wat Trump duidelik bekommer.
Dis absoluut ongehoord in die Amerikaanse politiek dat die president sy gesag misbruik deur ’n vreemde moondheid te vra om hom in die geheim teen sy teenstander te help deur vullis oor laasgenoemde op te diep. Dit is nie alleen moreel bedenklik nie, maar onwettig.
Trump se loopbaan as sakeman en politikus word deur ’n gemeenskaplike element gekenmerk: Hy loop soos ’n stoomroller oor enige teenstand heen. En tot dusver het hy altyd geslaag.
Maar as president word hy beperk deur die grondwet, die reg en teenkragte in die politiek. Hy kan nie, soos vroeër, maak en breek soos hy wil nie.
Dit lyk egter of dié besef nooit heeltemal tot hom deurgedring het nie. Vandaar dat hy dus uitdagend toegee dat hy Zelenski inderdaad gevra het om in te meng, en dat hy China ook aanmoedig om dit te doen. Hy meen duidelik sy stoomrollertaktiek sal weer werk.
Dis te vroeg om te voorspel hoe dit sy kanse op ’n herverkiesing gaan beïnvloed. Maar intussen loop Trump hom pynlik vas teen die grense van die demokratiese regstaat.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie