'n Reis vol insig
JOHN FREDERICKS SKRYF:
Dit was 'n onvergeetlike ervaring om die Kunenestreek en sy mense op die onbeplande manier te ervaar soos ek dit gedoen het.
Ek wil afskop deur te skryf dat dit verskriklik onverantwoordelik was om alleen so 'n toertjie aan te pak.
Ek moes 'n wonderlike tradisionele troue in een van die mees afgeleë gehuggies naby Outapi bywoon. Die dekor van silwer, goud en wit was in sterk kontras met die natuurlike droogbruin en amperse groen van die omliggende aardse agtergrond.
Vriende van Duitsland se GPS het ophou werk voordat ons ons bestemming kon bereik.
Die feestelikheid en die geestelikheid was magneties, en as stadsjapie wat boskos ken, het ek natuurlik skade berokken aan die afvalpot. Twee sopies van die tradisionele drankies het my behoorlik meer sterre laat sien as wat die asemrowende Namibiese nagruim kan optower. Ná die tradisionele sopies, gemeng met 'n paar dubbeltjies van Ierse of Skotse oorsprong, was die tradisionele hut my voorland, omdat die pad terug na Outapi groot skade aan bosse, bome en beeste kon berokken.
Sondag gaan groet ek die ouers van 'n kollega wat ek jare gelede in Windhoek ontmoet het. Ek wou die meme en tate ontmoet wat so 'n waardige mens grootgemaak het.
Oor die ontmoeting met die tate, 95 jaar oud, en die meme, 85 jaar oud, kan boekdele geskryf word. Hier was ek heelwat versigtiger met die tradisionele drankie wat aangebied was, maar nie geweier kon word nie, omdat die onbekende pad Ruacana toe voorlê.
Gewapen met 'n groot stuk beesvleis (snit onbekend), twaalf blikkies bier en twee sopies babalas-afwerende Skotse water, stuur ek die neus van my wa die verre noorde in.
Hiervandaan het sewe dinge gebeur wat my wese as mens en landsburger in totaliteit tot ander insigte laat kom het. Ek sal miskien op 'n ander geleentheid oor die ander skryf.
Soos mens die dorpie Ruacana inry, vind jy stapeltjies hout langs die pad. Ek besluit om te stop waar ek kinders of kindertjies gewaar, met die gedagte dat my kopie van twee bondels hout 'n bydrae sal kan maak.
Ek stop waar 'n baie jong meisie, met 'n babatjie op haar rug, onder 'n boom sit. Ek vra in Engels die prys van die hout en sy antwoord my in duidelike Engels. Ons beklink toe die transaksie en ek let op onder die boom sit twee kindertjies van ongeveer twee en drie jaar oud.
Ek het nog 'n paar piesangs wat al uit Windhoek saamry, en besluit om dit aan die kinders te gee. Ek vat die piesangs tot waar hulle onder die boom sit en gee dit met die liefde van 'n pa aan hulle.
Dit is toe dat die eerste van die sewe gebeurtenisse my kop klap. Die jong meisie by wie ek die hout gekoop het, sê in duidelike Engels: “You can take one of them for N$1 000”.
Ek was nie seker ek het haar reg gehoor nie, totdat sy dit herhaal.
Vir die eerste keer vanaf my vroeër tienerjare kon ek nie aan iets dink om te sê nie.
Ek glimlag half skaflik, klim in my kar en ry weg.
Daai Sondagaand in my alleenheid by die kampvuur tref die werklikheid omtrent daardie babatjies my.
Ek bid en vra aan God dat dit nie 'n algemene voorval moet wees nie . . .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie