’n Ratse Jaguar is los in die Afrikabos

Gerine Hoff
Ferdi de Vos

’n Jaguar wat grom in die ruie Afrika-bos?
Kan nie wees nie. Maar nee, dis g’n oom Schalk Lourens-mampoerstorie nie, dis ’n feit soos, wel, ’n koedoekoei.
Want sien, die jongste welp vanuit Solihull in Brittanje is nie meer volstrek ’n slinkse straatkat nie, maar besit nou ook stewige boskatgene. En hoewel hierdie kruising Jaguar-puriste in hul komkommertoebroodjies sal laat stik, is die telers in Whitley so opgewonde oor dié nuwe aankomeling dat hulle meen dit gaan die Coventry-kat se getalle plaaslik aanstonds verdubbel.
Dis die nuwe F-Pace, die eerste sportnutsryding met die grommende katkenteken sedert die maatskappy byna ’n eeu gelede deur sir Williams Lyons en William Walms­ley gestig is – en ook die eerste wat gerieflik in die Afrika-veld kan jag.
Die F-Pace (sy naam kom klaarblyklik van Lyons se omskrywing vir Jaguar – “grace, space and pace”) is egter nie teen hardebaard-Afrika-veterane soos sy groter Landie-stalgenote en Cruisers gemik nie.
Nee, sy naels is skerpgemaak om nuwerwetse weelde sportnutse, spesifiek die Porsche Macan, BMW X3/X4, Mercedes GLC/GLC-koepee, Audi Q5 en Range Rover Evoque te pak. Tog, grootte- en veral spasiegewys, is die X5/X6 en GLE/GLE-koepee-modelle ook hierdie kat se prooi.
Die F-Pace se agterkant, sy syinlate en die kenmerkende agterligte het besliste trekke van die F-Type-sportmotor, wyl die prominente, regop sierrooster, die forse aluminium-enjinkap, en slanke LED-hoofligte deur die C-X17-konsepmodel geïnspireer is.

veelsydig
Boonop is die sportnuts prakties en veelsydig met oorgenoeg plek vir vyf insittendes en hul bagasie. Tog, die volgrootte spaarwiel in Suid-Afrikaanse modelle maak die bagasieruim van 463 liter minder prakties en beïnvloed ook die pakruimte (1 740 liter).
Die uitleg van die kajuit met sy lekker hoë sitposisie en skulpvormige instrumentpaneel is tipies Jaguar – heel luuks en afgewerk met sagte leer en dubbele stikwerk sigbaar.
Danksy ’n stewige asafstand (2,8 m) is die beenruimte agter heel goed (Jaguar sê dis die beste in sy klas), maar ons hou die meeste van die gedagte dat jy jou sitplekke agter met elektriese verstelling kan bestel.
Die sitposisie agter is ’n raps hoër as die res gemaak, maar tog het ons gevind dat daar genoeg kopruimte agter is (ondanks die koepeedaklyn).
Op die instrumentpaneel is ’n groot raakskerm vanwaar jy jou nutsfunksies beheer. Ons het veral van die volskerm-funksie vir die satnavstelsel gehou. Iets wat wel gepla het, is die plasing van die vensterskakelaars hoog op die deurpaneel. Dit is nie intuïtief nie, en menige keer het ’n mens die deur se sluitknoppe (langs die handvatsel) gedruk wanneer jy die venster wil afrol.
Die F-Pace is op die F-Type se modulêre onderstel gebou en bestaan 80% uit aluminium. Dit help natuurlik om heelwat kilo’s af te skud.
Drie enjins is plaaslik te kry: ’n tweeliter-turbodiesel, ’n drieliter-turbodiesel en ’n drieliter-V6 met ’n drukaanjaer. ’n Agtgang outomatiese ratkas stuur die krag na die agterwiele, maar die blikbrein kan die krag tussen die asse wissel na gelang van jou vastrap en greep.
Op die pad het die tweeliter (die intreevlakmodel) heel gewillig gevoel, wat in ’n mate toegeskryf kan word aan die voertuig se billike gewig van 1,8 ton. Tog vermoed ons die frisser drieliter-diesel sal die gewildste in die gesin wees.
Hy bied ’n goeie balans tussen spoed en stukrag, maar dis sy deftige afwerking binne wat hom ’n tweede kyk werd maak. En ja, ondanks sy vet tekkies (22-duimers) is die binneruim steeds goed klankdig gemaak.
Afhangend van jou model is nutsfunksies soos wringkragverspreiding en aanpasbare dempers daar om jou rit sportiewer of gemakliker te maak.
Kortom, sit jy die topmodelle se talle skakels aan, hoef die F-Pace dinamies niks vir die Porsche Macan terug te staan nie. Hy is ook beslis ratser as die groter BMW X- en Merc GLE-modelle.

vierwielvastrap
Uiteraard is die F-Pace nie werklik veldrygerig nie, maar die vierwielvastrap is slim genoeg dat die blikbrein krag van ’n tollende wiel kan wegneem en na die ander kant van die as kan versprei (die stelsel werk met die ABS-remme – die blikbrein sal die tollende wiel laat vasknyp sodat krag na die ander wiele gedwing word).
Die ritmodusse werk in ’n mate soos Land Rover se Terrain Response-stelsel. Kies ’n modus, en die blikbrein verstel jou voertuig namens jou.
Hoewel die F-Pace nie ’n laestrekratkas het nie, help ’n spesiale vastrapverstelling (wat net teen eersteratsnelhede werk) dat jy tog katvoet teen ’n gladde, skuins oppervlak kan uitry. Dit is basies ’n versigtige deurvoer van krag met wieltol wat vinnig gesmoor word.
Die F-Pace is relatief duur, en vir dieselfde geld kan ’n Range Rover Sport of ’n sewesitplek-Volvo XC90 aangeskaf word.
Tog sê Jaguar daar is genoeg aanvraag vir die nuweling. Die eerste besending is reeds uitverkoop, en die vervaardiger beplan om minstens 300 eenhede voor die einde van die jaar van die hand te sit.
Wie weet, dalk kan dié Jaguar wel deel word van die Groot Vyf (Audi, BMW, Mercedes-Benz, Porsche en Lexus) in dié klas. 
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:09, High tide: 14:30, Low Tide: 20:18, High tide: 02:00 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:28, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Walvis Bay: 14° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:27, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 22° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 15° | 30° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 18° | 30° Windhoek: 13° | 28° Cape Town: 15° | 16° Durban: 18° | 29° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 19° | 30° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1380 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 27.07 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +3.34% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.00/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.58/lb UP +1.11% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP UP +0.20% | Platinum US$ 955.42/OZ DOWN -0.0005 Sport results: Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:09, High tide: 14:30, Low Tide: 20:18, High tide: 02:00 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:28, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Walvis Bay: 14° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:27, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 22° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 15° | 30° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 18° | 30° Windhoek: 13° | 28° Cape Town: 15° | 16° Durban: 18° | 29° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 19° | 30° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1380 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 27.07 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +3.34% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.00/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.58/lb UP +1.11% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP UP +0.20% | Platinum US$ 955.42/OZ DOWN -0.0005