’n Plek waar mans mans kan wees

Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg

Vrouens dra grimering, kleur hul lippe in en krul die hare om beter oor hulself te voel. Al wat mans kan doen, is om hul hare bietjie te knip, gel in te sit, ‘n jean aan te trek en dan moet jy maar hoop vir die beste.

Maar danksy die nuwe barbierswinkel in Windhoek se hoofstraat kan mans nou ook soos oil paintings lyk.

Dit bly maar ‘n ervaring as iemand anders jou baard en hare vir jou knip.

Aan die onder kant van Onafhanklikheidsrylaan, reg oorkant die Hilton-hotel, sit Tatekulu, die nuwe, luukse barbierswinkel.

Hoewel hierdie soort salon baie gewild in Suid-Afrika en Europa is, is Namibiërs nog nie juis aan hierdie tradisie blootgestel nie.

Tatekulu is ‘n konsep om oor opgewonde te wees.

Kollig het ‘n draai gaan maak om die ou tradisie van ‘n towel shave te beleef.

Wanneer mens by Tatekulu instap, kan jy sien dit is nie ‘n aangeplakte besigheid nie. Die dekor is deur iemand behartig wat jare aan die konsep gewerk het. Jy kry ’n gevoel van luuksheid, maar nie snobisme nie. Die skerp reuk van bay rum hang in die lug en in die agtergrond speel die tipe musiek wat jou laat wens ons leef nog in die 80’s. Heel voor, agter ‘n houttoonbank, staan ‘n man wat tóé is onder die tatoes.

Sy naam is Paul Hall en met die eerste oogopslag is hy byna intimiderend.

Langs hom staan vier ander mans met die soort smiles wat jy sien wanneer mense geld gewen het.

Met die intrapslag weet jy - hierdie is anders. Anders as enigiets wat jy al ooit beleef het. Dit gaan jou nie herinner aan die tannie op die dorp wat jou hare met ‘n standaardskêr geknip het twee dae voor die skole oopgemaak het nie. Hierdie is nie ‘n werk nie. Dit is kuns.

Die man met die tatoes vergesel my na ‘n stoel wat lyk of dit baie eras oorleef het.

Tradisie in die barbierswêreld is wat dié bedryf so enigmaties maak.

Daar's stille konsensus dat barbiere aan ‘n wêreldwye soort unie behoort, en dat alles moet voldoen aan standaarde wat eeue reeds bestaan.

Die nou, langwerpige gebou is só uitgelê dat dit nie beknop voel nie en stel jou steeds in staat om met jou buurman oor rugby en stout kinders te gesels.

En dit is juis wat Tatekulu so lekker maak. Dit is nie net ‘n vinnige knip-en-betaal nie.

Dit is ‘n ervarving.

Dit is ‘n plek waar mans mans kan wees.

Nadat jy die era-stoel ingeneem het, word daar vir jou van Slowtown se koffie aangebied.

Koffie in die algemeen is fantasies, maar koffie terwyl iemand jou baard en hare onder hande neem, raak ‘n byna gewyde oomblik.

Die man met die tatoes is die hoofbarbier en het vir meer as 20 jaar in Europa sy eie barbierswinkels gehad.

Dit is veilig om te sê hy is klaar geoefen.

En jy's in veilige hande as hy daai vlymskerp lem teen jou aorta druk.

Met die eerste sluk van my koffie kom staan Paul agter my met ‘n leervoorskoot aan en kyk my hare goed deur.

Met die tweede sluk is my hare en baard sponat en die stoel word agteroor gekantel.

Paul neem ‘n goeie 15 minute om jou gesigvorm, haargroeipatroon en ander elemente te bestudeer.

“Dit is belangrik vir ons om die mens te verstaan voor ons enige skêr of lem uitpluk. Ons wil weet watter tipe mens jy is. En wat ons moet wegsteek en wat ons kan beklemtoon.

“Vroue kan hul gesigte inkleur en al hul foute verbloem. Mans ook, maar dit is waar óns inkom. Ons gebruik jou natuurlike sterk punte om ander foutjies toe te maak,” het Paul aan my verduidelik terwyl hy die skeerseep natmaak.

Tradisioneel is mans se baarde met lemme geskeer, maar met verloop van tyd het die industriële revolusie dié tradisie laat afwater en vandag kry jy al wat ‘n elektriese skeermes is.

Paul glo in tradisie. Na ‘n wyle het hy besluit my dubbelken moet verbloem word, en om my gesig ’n bietjie langer te laat lyk, gaan hy die kante van my baard effe wegknip.

Ek het weer eens besef om iemand se baard te vorm of skeer, is werklik ‘n kuns.

Ek het geweet jy kan nie net wegtrek en knip nie, jy moet ten minste weet hoe hare en anatomie werk.

Tatekulu doen daardie ekstra moeite om seker te maak jy lyk soos ‘n oil painting as jy daar uitloop.

Ná die knippery het ‘n ander man ‘n vuurwarm handhoek om my kop gedraai.

Ek het gelyk soos iemand wie se verstandtande pas getrek is.

Omdat ek nie seker was hoe die proses moes verloop nie, het ek hulle maar laat begaan.

“Ons maak nou jou haarfollikels sag en kalmeer die vel. As ek die lem gebruik, moet die haartjies sag wees.“

Paul verduidelik elke deel van die proses soos hy te werk gaan.

Die handhoek is ná ’n ruk verwyder en my baard vol skeerroom gesmeer met een van daai borseltjies wat jou oupa nog gebruik het.

Intussen speel Bruce Springsteen se “Tougher than the Rest” en dit voel of ek in die 1900’s leef.

So begin Paul my wange skoonskeer.

En skielik lyk ek nie meer soos ‘n opgeswelde renoster nie. Ek het skoon ‘n ander gesigvorm.

Daarna draai Paul ‘n yskoue handhoek om my gesig, glo om die haarfollikels weer toe te maak. Ek het op daai oomblik soos een of ander staatshoof gevoel - asof ek baie belangrik is en enorme beleggings dwarsoor die wêreld het.

Tatekulu het my belangrik laat voel.

Iets wat mans in vandag se lewe nie meer maklik voel nie.

So, wanneer jou vrou, girlfriend, suster of ma volgende keer vir haar ‘n nuwe lipstiffie aanskaf, moenie geïrriteerd raak nie.

Maak ‘n afspraak by Tatekulu en laat Paul jou regruk. Want met die regte baard en hare kan jy enigiets regkry - selfs om meer soos 'n meneer te voel.



Het jy geweet?

· Die woord “barbier” kom van die Latynse woord "barba", wat baard beteken. In die vroeë eeue het baarde wysheid en mag gesimboliseer.

· Om ’n barbier te wees is een van die oudste beroepe in die wêreld. Daar is skilderye uit antieke Egipte wat byna 6 000 jaar oud is en barbiere met skeermesse uitbeeld.

· Dit was in Griekeland tydens die Goue Era (500 vC tot 300 vC) dat dit 'n hoogs ontwikkelde kuns geword het om ’n barbier te wees.

· In Egipte en ander antieke kulture (so vroeg as 3 500 vC) was barbiere dikwels priesters wie se hooftaak dit was om bose geeste uit mense te dryf. Hulle het dit gedoen deur baarde te knip, stil te raak en mense se hare te skeer, waardeur demone kwansuis die liggaam sou binnedring.

· In die Middeleeue het barbiere ook wonde behandel en operasies uitgevoer.



· Die barbierpaal simboliseer bloedverlies tydens operasies. Die wit strepe verteenwoordig glo verbande, die rooi bloed en die blou are.

· In antieke Rome het barbiere klein snytjies behandel met spinnerakke wat in asyn gedoop is.

Kommentaar

Republikein 2024-05-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.58 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.16 | USD to ZMW 25.74 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 415.25/OZ DOWN -0.0046 | Copper US$ 5.03/lb DOWN -0.0083 | Zinc US$ 3 141.80/T UP 0.4% | Brent Crude Oil US$ 83.32/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 1 035.70/OZ DOWN -0.0135 Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.58 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.16 | USD to ZMW 25.74 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 415.25/OZ DOWN -0.0046 | Copper US$ 5.03/lb DOWN -0.0083 | Zinc US$ 3 141.80/T UP 0.4% | Brent Crude Oil US$ 83.32/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 1 035.70/OZ DOWN -0.0135