’n Pers strikkie vir Nico
Henriette Lamprecht – Hulp in die vorm van pers strikkies stroom vir ’n voormalige Namibiese rugbyspeler en hulpafrigter van Windhoek Gimnasium se eerstespan in, wat in Maart 2017 met limfoomkanker gediagnoseer is.
Ná Nico Horn (50) in 2018 in remissie was, het die kanker nou na sy rugwerwels versprei. Die koste van sy behandeling, wat onder meer chemoterapie, bestraling en besoeke aan Suid-Afrika vir PET-skanderings insluit, het Windhoek Gimnasium se eerstespan genoop om pers strikkies te verkoop.
Dít om geld vir Nico se behandeling in te samel wat nie deur die gesin se mediese fonds gedek word nie.
Nico sal later vanjaar ook ‘n beenmurgoorplanting kry.
Sy vrou, Christa, vertel haar man was ná agt chemosessies in 2017 die jaar daarná in remissie.
Einde verlede jaar het hy egter pyne in sy rug gekry, en ná verskeie toetse in Januarie is vasgestel die kanker het teruggekeer en na sy rugwerwels versprei.
Tien bestralingsessies het gevolg en ná die eerste van drie chemosessies het Nico so verswak dat hy in die intensiewesorgeenheid beland het. Nog chemosessies het gevolg en ‘n PET-skandering in die Kaap was volgens Christa “baie positief”.
“Met die bestraling is dit onder beheer. Op die lange duur het hulle vir ons gesê dit sal beter wees as hy ‘n beenmurgoorplanting kry,” sê sy.
Nico se behandeling sedert sy diagnose beloop volgens Christa “verskriklike bedrae”.
“NMC ondersteun ons fantasties, maar enige fonds het ‘n perk en ons het ons s’n vir die jaar bereik. NMC het ‘n grasiebedrag goedgekeur wat ‘n derde van die koste vir die beenmurgoorplanting sal dek.”
Aanvanklik wou hulle Nico se eie beenmurg vir die oorplanting gebruik, maar dit is te swak. Die keuse vir skenker het nou op Nico en Christa se seun, Nico (jnr.) geval wat “jonk, fiks en gesond en ‘n goeie match” is.
Toe sy hoor van die pers strikkie-veldtog om geld vir haar man in te samel, erken Christa sy het “baie trane van vreugde gehuil”.
“Ons vat dit dag vir dag en die ondersteuning is oorweldigend, ons is so ongelooflik dankbaar.”
Die pers strikkies is teen N$10 per strikkie by Carina Theunissen (081 127 1316), Monya de Waal (081 487 4297) en ook by Christa (081 274 5380) beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie