'n Pak slae is nie geweld nie
WEEGSKAAL SKRYF:
Met verwysing na die SMS-boodskap in die Republikein van 20 Maart 2018, waarin daar verwys word na Psalm 11 en die woord “geweld” en gestel word "voorstaanders van lyfstraf moedig geweld aan". Net ’n stukkie van die werklike teks is deurgegee.
Die volle teks lui:
Vers 5: Die Here onderskei tussen regverdige en goddelose. Wie geweld lief het, haat hy. Daar is ’n verskil tussen die woorde “geweld” en ’n “pak slae”.
“Geweld” is genadelose hardheid wat op ander uitgehaal word, terwyl ’n “pak slae” straf is vir ’n verkeerde daad en nie in woede behoort te geskied nie.
Spreuke 19:18 - Behandel jou seun streng, dan is daar hoop, maar moet jou nie te buite gaan en hom doodmaak nie.
Spreuke 20:30 – ’n Pak slae laat ’n mens ophou kwaad doen, dit laat jou selfs ophou dink aan kwaad.
Spreuke 22:15 – Onverstandigheid is eie aan ’n jongmens, maar ’n pak slae haal dit uit hom uit.
Engels: "Folly is bound up in the heart of a child, but the rod of discipline will drive it far from him.”
Spreuke 23:13 – Moenie huiwer om ’n kind te straf nie, want as jy hom slaan, red jy sy lewe. Jy moet hom juis slaan om hom van die dood te red.
Engels: "Do not withhold discipline from a child; if you punish him with the rod, he will not die. Punish him with the rod and save his soul from death.”
En Spreuke 23:19 - Luister, my seun, soek die regte insig, bly op die regte pad.
Hierdie is nie ’n skrywe om “pak” te bevorder nie, dit is bloot om aan te dui hoe woorde verstaan (geïnterpreteer) word deur mense.
Ek dink die grootste element in hierdie hele opset is eenvoudig hoeveel respek betoon word: Kind teenoor volwassene, hetsy ouers of onderwysers, en dan ook respek van volwassenes teenoor ’n kind. Kinders, soos uitgewys word, is op ’n lewenspad en moet geleer word wat die wette en reëls van die lewe en samelewing is. Daarsonder is jou lewenspad ordentlik nag!
Klein kindertjies leer by hulle ouers. As tieners dink hulle hulle weet alles en het niemand nodig om vir hulle iets te leer nie en dan later, wanneer hulle weer op hulle beurt ouers is, sien/besef hulle die wysheid van hulle ouers en leer hulle kleintjies weer van hulle.
(Aanhalings uit Bybel in Praktyk/Holy Bible Zondervan New international version)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie