‘n Nat naweek glo op pad

04 September 2020 | Omgewing
Elvira Hattingh - Namibië kan ‘n nat naweek verwag, met die eerste lentereëns wat na verwagting wydverspreid oor die land kan voorkom, sê die Namibiese weerkantoor.

Die weerkantoor se hoofvoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, het aan Republikein gesê dit volg ná dit sedert gister oor veral die noordoostelike dele van die land gereën het.

“Daar bestaan ‘n kans op reën môre (Saterdag) oor die noordoostelike dele, met dié moontlikheid wat versterk oor die sentrale en suidelike dele van die land, maar ook die ooste sal bereik,” het hy gesê.

“Na verwagting kan reën voorkom vanaf sentrale dele in die Otjozondjupa-, Khomas-, Omaheke en suidelike streek.

“Reën word tot oor die sentrale en suidelike kusgebiede verwag. Dit is net in die verre noordooste by Rundu, Tsumkwe in en die Zambezistreek waar dit na verwagting vir eers droog sal bly,” het Kgobetsi gesê.

Hy sê dit het sedert gister reeds in die Etosha Nasionale Park en op Grootfontein, Otjiwarongo, Gobabis en oor dele van die Otjozondjupastreek gereën.

Op die Facebook-groep Reën in Namibië het me. Karin van Dyk gesê hulle het 22 mm reën op Gobabis gemeet, terwyl nog lede gesê het dit reën tans op Otjiwarongo en by Eunda in die Omusatistreek.

In die Kombat-omgwing het dit blykbaar gister 30 mm met hael gereën, terwyl ‘n plaas by Grootfontein tussen 70 en 89 mm gemeet het.
Nog plekke wat gister glo reën ontvang het, sluit in Omuthiya, Ogongo en Rundu.

FOTO'S: Mnr. Luke Schmidt het die foto’s van hael en reën op Mokuti Etosha Lodge op die Facebookgroep Reën in Namibia gedeel.

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

10 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

10 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

10 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

10 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

10 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

10 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

10 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

10 ure gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...