‘n Mens hou nooit op leer

Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg

As jy vir Ciske Smith vra wat haar storie is, antwoord sy baie versekerd: “Dis eintlik Smith, met ‘n ‘h’, maar almal kry dit verkeerd. Hul sê gewoonlik net Smit."

Dit krap haar nie genoeg om om verder daaroor te gesels nie.

Ciske Smith, Smith met die ‘h’, is ‘n gebore Gobabismeisie. Sy sê sy was nooit trots daarop gewees nie, maar toe sy ouer word, het sy besef daar woon wonderlike mense.

“Wat ‘n ongelooflike kindsbeen het ek daar kon hê. Nou is ek sommer lus vir terugtrek,” sê sy met trots.

Ciske het haar hoërskooljare by Paarl Gimnasium voltooi en direk na skool, soos sy dit noem, gaan lippe natmaak op Stellenbosch. Weens verskeie faktore het sy nooit haar studies klaargemaak nie. “My pa het in ‘n stadium gebel en gesê ek moet nou maar huis toe kom, want ek mors net geld! Wat natuurlik die waarheid was.”

Toe was Ciske ietwat verward en kon nie ‘n keuse oor haar beroep maak nie. Op die rype ouderdom van 25 het sy ‘n “gap”-jaar geneem. Toe raak een jaar twee waarin sy saam met haar vriendin oorsee gaan werk en reis het.

“Ek was ‘n plaaswerker gewees. Eers op ‘n skaapplaas en toe later op ‘n beesplaas. Hardste wat ek ooit gewerk het en dit was heerlik! Dit was ‘n ongelooflike ondervindinding. Nadat ek teruggekom het in 2011 het ek een aand by die huis gesit en die begeerte gekry om iets uit leer te maak.”

Dié moment kan vandag as ‘n lewensveranderende oomblik beskou word. Sy en haar woonstelmaat, Carl Swart, het saam oor die lewe gesit en wonder.

“Eendag het Carl vir homself ‘n leersak gemaak en ek’t nog te veel in Andy’s uitgehang,” sê sy so half beskeie.“Ek het nie eintlik daarin belangstel nie. Andy’s was my plek.”

Carl het intussen na die Kaap verhuis. Een aand het sy besluit: Ek wil ook ‘n sak maak.

“Ek het in ‘n vreeslike handige huis groot geword. My pa kan letterlik enigiets maak en regmaak. My ma en susters is almal kranige naaldwerksters gewees ook. Ek't nooit in naaldwerk belang gestel nie en het op skool vreeslik gerebelleer omdat ek houtwerk wou doen.”

Ironies genoeg, vertel Ciske, is sy baie spyt oor haar mening van naaldwerk.

“Al wat ek nou wil doen, is juis naaldwerk,” sê sy met ‘n ligte giggel.

Intussen het die gogga om met leer te werk aanhoudend vir Ciske gebyt.

“Ek Leather Connection toe gery en gevra watse gereedskap het ‘n beginner nodig. Daar was ‘n ou swart man wat baie mooi vir my gewys het hoe om met elke ding te werk. Ek het gereeld teruggegaan vir nog lesse totdat hy eendag nie meer daar was nie. Ek het ook baie op YouTube gesteun om nuwe tegnieke aan te leer en doen nog steeds. Dis wonderlik om te sien, die uitvindsels wat mense mee vorendag kom.“

Deur die jare het Ciske se vernuf met leerhandwerk tot ‘n vlak gevorder waar dit in aanvraag geraak het. Sy het dit altyd net as haar stokperdjie beskou, maar vroeg verlede jaar het dinge drasties verander. Ciske het besef sy is bevoorreg genoeg om dit voltyds te kan doen.“Ek is elke dag van voor af verlief op leer en die handewerk wat dit behels.”

Ciske wil nou ‘n naaldwerkkursus voltooi en in die toekoms haar eie klerereeks bekend stel.

Kollig het vir Ciske meer oor haar beroep gevra.

Hoe het jy op die naam van jou besigheid gekom?

Ek het lank gedink oor wat ek dit gaan noem, maar sien, ek hou baie van my naam. My naam het my pa my gegee. Nadat hy lank onder ‘n kameeldoringboom in die veld gesit het, het hy by die huis gekom en vir my ma gesê my naam moet Ciske wees, want dit sal hom altyd aan Christus laat dink. Dis om daai rede dat ek so 'n spesiale naam dra. So ja, ek het toe besluit ek gaan net hou by Ciske en dit ook as dank gebruik vir die talente wat ek gekry het.

Werk jy vanuit jou huis of het jy ‘n ander ruimte?

Ja, huis en atlejee is een. Ons bly in ‘n groot 'warehouse' in Prosperita. Die hele huis is ons speelplek. Daar's nie mure en deure nie, en ons werktafel staan sommer so voor die TV. Dis vir beide my en Des, (my oulike mede-'designer', 'all-round' supervaardige, totaal en al beter helfte, talentvolle oukie/man) se speelplek en besigheidspasie. Ons het van staaldeur tot laser met houtwerk en koperwerk alles saam ingegooi. ‘n Groot gedeelte van my besigheid hang van Desmond af. Hy help my ongelooflik baie met tegniese tekeninge en produkontwikkeling. Die handelsmerk Ciske kan nie sonder Desmond bestaan nie.

Is dit iets waarin jy nog altyd belang gestel het?

Ek’t nog altyd in handewerk belang gestel en wou nog altyd ‘n beroep doen waar ek iets skep. Hierdie is soveel pret en vervulling dat dit nou ‘n passiewerk is.

Wat is vir jou die lekkerste deel van jou werk?

O genade. Alles! Om te sien hoe iets uit niks uit kom nie. Daar waar net ‘n stuk leer gelê het, lê nou ‘n mooi afgeronde praktiese sak of beursie of iets. Dis bitter lekker om tyd aan iets te spandeer wat lewend word! Ek hou van individualiteit. Ek probeer die karakter van die dier se lewe in die leer hou. Daarom is alles altyd verskillend. Ek is gaande daaroor om brandmerke op die vel iewers ten toon te stel. Ek sien dit nie as ‘n letsel nie; dit is deel van die produk se storie.

Wat is jou gunstelingleerproduk wat jy al gemaak het?

Daar was ‘n skootrekenaarsak wat ek nooit moes verkoop het nie! Dit was my eerste groot een waarin ek soveel tyd en deernis ingesit het. Die leer wat ek gekry het, was so grof en 'rugged' en dit het gemaak vir die mooiste sak! Daai een hy was my 'favorite'. Waar ook al hy is, ek hoop hy word mooi opgepas en kry baie Dubbin!

Benewns jou leerhandwerk, skep jy enigiets anders? Skilder? Musiek?

Ja, ek maak soms ‘n koperliggie. Giet 'concrete' en maak juwele. Dis lekker om te skep en hoe meer mens doen, hoe beter raak mens se oog in die algemeen. Dis so maklik om te skep. Mense is baie keer skrikkerig en dink hulle kan nie skeppend wees nie. Mens hoor gereeld 'nee, ek het nie ‘n kreatiewe been in my liggaam nie'. Dis nie waar nie. Ek sê altyd, begin net! Ek meen, ek maak liggies uit 'styrofoam'-kermisbakkies uit. Dis eenvoudig. Ek en Des wil graag op ‘n punt en plek kom waar ons mense kan help om hulle proses te begin! Om ons 'skills' te 'share'.

Wat maak jou gelukkig?

Ek’s vreeslik positief so meeste dinge maak my gelukkig. Maar ek moet sê die gevoelens wat ‘n goeie stuk musiek ontlok, is iets wat my die naaste aan Nirvana vat. Ons het ook nogals ‘n bitter oulike hond, Zulu, en hy het kry dit reg om altyd ‘n gevoel van pure geluk wakker te maak. Ek hou ook baie van swem en ek's altyd gelukkig in die water.

Wat haat jy?

Selfsugtige mense wat onnodig op ander trap! En stres! Ek haat stres. Dis so onnodig.

Is daar iets omtrent Ciske wat mense nie sal raai nie?

Dat ek eintlik op Forged in Fire will wees, maar dat ek nog nie geleer het hoe om yster in ‘n blaasbalk te skuif nie! Ek moet nog ystersmit onder my belt kry.

As jy eendag jou biografie moet skryf, wat sal die titel wees?

Die Wonderlike Avonture en Lewenslesse van Ciske

Wat is vir jou die spesiaal aan Namibië?

Waar om te begin? Alles! Ek dink die spesiaalste is geleenthede. Namibië bied ongelooflike geleenthede vir sy mense. Nie noodwendig die regering nie, maar die land en sy mense. In Namibië, glo ek, bestaan daar nie so iets soos werkloosheid nie. As jy bereid is om te werk en jy's bereid om enige iets te doen, gaan die deure vir jou in Namibië oop en jy gaan vinnig begin klim. Ek het dit persoonlik ondervind. Ek het ook net ‘n matriek en ek het altyd nog werk gehad, en goeie werke, maar ek was bereid om enige iets te doen en ek weet dit self: ons land se mense help mense wat gehelp wil wees. Ek beleef dit elke dag!

Wat is volgende vir Ciske?

Die wêreld. Ek wil bitter graag ‘n klerereeks uitbring. Maar iets superflambojant wat mense moontlik net in hulle kas sal hang, maar ietsie spesiaals! Ek wil so graag Fashion Week doen! Sal daar uitkom.

*Kontak Ciske op Facebook of Instagram vir meer inligting of bestellings.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%