’n Mannekoor en wyn vir die pyn
Die Windhoeker Männerchor (WMC) en ‘n uitgesoekte groep musikante nooi die publiek na die Wynfees/Winzerfest uit.
Dít vind op 6 Oktober by die SKW (se kleiner saal) plaas en is ter viering van die WMC se 111de betaansjaar.
Die publiek kry die geleentheid om saam met die koor te sing, aangesien dit in die verlede baie suksesvol was.
Die koor se musikale regisseur is Erina Junius, wat die koor in die laaste jare afgerig het tot hoër hoogtes gevoer het.
Van die musiek op die program sluit volksliedere in wat met die ondersteuning van bekende musikante uitgevoer sal word.
Sedert Walter Heinrich die WMC as voorsitter lei, is die Wynfees/Winzerfest suksesvol in die SKW se groot saal gehou.
Wynfeeste vind gereeld in Duitsland plaas. Een van die oudste wynfeeste is die Dürkheimer Wurstmarkt wat sedert 1417 plaasvind.
Hierdie volksfeeste het hul oorsprong in Duitsland se wynlande, maar het later ook na ander niewynproduserende gebiede uitgebrei.
Wynhandelaars of “Winzer” het só hul produkte aan die publiek bekend gestel.
Kaartjies vir vanjaar se fees word reeds by die Delta Verein by die Laerskool Delta verkoop.
Liedere soos “Morokeni”, “Ghost Riders”, “Bachus” en “Was perlet im Glase” sal gesing word.
Gevorderde liedere soos “Kalinka” en “Viva la Companeia” word ook aangebied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie