'n Man wat gestaan het vir waarin hy glo

23 July 2021 | Sport
Boet Matthews – Sedert wyle Bobby Sissing se skielike afsterwe het verskeie persoonlikhede hulde aan die ontslape sport en politieke ikoon gebring. Een van die erkende manne wat met Republikein gepraat het, is Reggie Diergaardt wat geen bekendstelling nodig het nie.

Hy het by navraag aan die koerant gesê: “Ek dink dit is eerbaar en gepas om oom Bob met 'n staatsbegrafnis te vereer vir sy bydrae tot sport, sowel as dat hy as lid van die Swapo-raad gedien het.

“Oom Bob was 'n man met hoë waardes en beginsels en het daarby gestaan ongeag die gevolge.

“Dit is deesdae modieus om geldelike belonings te verwag vir watter bydrae ook al gelewer word. Nie oom Bob nie.

“Alles wat hy gedoen het, was in die beste belang van die gemeen­skap en sport in die algemeen. Hy het geglo waarvoor hy gestaan het en het gestaan waarvoor hy geglo het. Hy het nooit gewankel nie.

“Oom Bob het altyd die beste belang van die jeug gehad. Sy betrokkenheid by sport en veral sokker is die lewendige getuienis hiervan. Hy het die meeste van sy tyd en energie belê in die blink toekoms wat hy voorspel het wat in die toekoms van hierdie land sou gebeur – 'n vrye en demokratiese samelewing onder Swapo as regerende party.

“Oom Bob was sy tyd vooruit. Ek twyfel nie daaraan om kameraad Sissing te vereer met 'n staatsbegrafnis wat die geskikste is vir sy Maker nie. Oom Bob het in die moeilikste tye altyd kalm gebly, wat een van sy sterkste punte was.

“Oom Bob saam met met adv. John Walters was integraal in die onderhandelinge met die stigting van die Namibiese Sportraad.

“Die Namibiese Sportkommissie kon ongelukkig nooit die bydrae van oom Bob tot sport in hierdie land erken nie.

“Ons as 'n samelewing het baie om by Bobby Sissing te leer en almal wat nie van hom weet nie of nog nooit van hom gehoor het nie, is soos 'n Rip van Winkel wat deur die openbaring geslaap het.

“Uiteindelik hoop ons dat die Windhoekse munisipaliteit die Khomasdal-stadion sal herdoop na 'n groot sportlegende wat die sokkerbroederskap met een hand hervorm het”.

Afgelope Woensdag by die Sissings se woning het Mukwaita Shamyengana, spesiale sekretaris van Swapo en adviseur vir adjunkpresident Nangolo Mbumba, benadruk: “Bobby was een van die mees toegewyde en hardwerkende Swapo-kamerade wat sy party met baie passie en waardigheid gedien het. Hy was 'n reguit prater en 'n doener. Swapo het 'n held verloor; hy sal baie gemis word.”

Môre is die gedenkdiens om 09:00 by die Evangeliese Lutherse kerk in Khomsdal. 'n Deurrit by Ramblers-sportveld in Pionierspark word môre gehou (15:00–17:00) waar familie, vriende en kennisse hul inskrywings in 'n boek van meegevoel kan maak, of blomme bring of enigiets wat hulle wil bydra.

Sondag vanaf 11:00 word 'n gedenkdiens by die parlementstuin gehou. Die begrafnis is Maandag om 11:00 by die Pionierspark-begraafplaas.

FOTO
Wyle Bobby Sissing saam met sy vrou Anna. Foto verskaf

Soortgelyk

 

Rundu in die donker

2 ure gelede | Energie

Inwoners van Rundu is sedert 10:00 vanoggend sonder krag. Volgens NamPower se areabestuurder vir die noordelike streek, mnr. Petrus Immanuel, is dit weens tegniese...

Amerika skenk 100 620 dosisse Pfizer

3 ure gelede | Gesondheid

Die Amerikaanse ambassade het vandag amptelik 100 620 dosisse Pfizer aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste oorhandig as deel van die land se...

Ernstige ongeluk tussen Grünau en Keetmanshoop

4 ure gelede | Ongelukke

'n Ernstige ongeluk het 80 km van Keetmanshoop in die rigting van Grünau plaasgevind. Noodpersoneel is op die toneel van die ongeluk wat by 'n...

Geen sterftes, 112 nuwe gevalle

4 ure gelede | Gesondheid

Geen nuwe Covid-sterftes is gister aangeteken nie, terwyl 112 nuwe gevalle, 'n positiewe koers van 8%, aangemeld is. Dit sluit 66 leerlinge, drie onderwysers en...

Kuier saam met Cassidy onder die sterre

4 ure gelede | Kuns en vermaak

By die Night Under the Stars (NUTS)-konsert wat op Vrydag 1 Oktober plaasvind, sal die plaaslike musikant Cassidy op die verhoog te sien wees. Dié...

Mariental-hospitaal kry suurstofaanleg

6 ure gelede | Gesondheid

Die Mariental-hospitaal het 'n skenking van N$7 miljoen van Namib Desert Diamonds (Namdia) ontvang. Die omgewingsvriendelike suurstofaanleg met 'n kapasiteit van 500 liter wat aan...

Kleuter sterf ná pot kookwater op hom val

7 ure gelede | Misdaad

'n Driejarige seuntjie van Mondesa, Swakopmund, is Sondag dood, nadat sy boetie (5) 'n pot kookwater op hom afgetrek het. Volgens die polisie in die...

Bordjies verhang in Duitse verkiesing

12 ure gelede | Internasionaal

Die Sosiaal-demokratiese Party (SPD) het volgens voorlopige uitslae gister se algemene verkiesing in Duitsland met 25,7% van die stemme gewen.Dit beteken egter nie mnr. Olaf...

Klein, maar getrain

20 ure gelede | Landbou

William Klazen junior (5) van Windhoek is gister aangewys as die beste kindertouleier by die Windhoek Skou in die afdeling vir nul tot ses jaar....