'n Kwessie van tyd
Estelle de Bruyn - Die minister van binnelandse sake, me. Pendukeni Iivula-Ithana, het Namibiërs op 16 Februarie aan 'n lyntjie gehou oor of die verskil van 'n uur tussen winter- en somertyd gaan bly of wegval.
Pres. Hage Geingob het vroeg verlede jaar opdrag aan Iivula-Ithana gegee om ondersoek in te stel oor die impak van die tydsverskil en om menings van Namibiërs in te win oor of Namibiese tyd van die eerste Sondag in Mei tot die eerste Sondag in September 'n uur vroeër as Sentraal-Afrika se tyd moet wees of nie.
Met te min tyd voor die tydsverandering 'n aanvang geneem het, kon die minister nie verlede jaar reeds die nodige aanbevelings doen nie.
Iivula-Ithana het Donderdag bloot kennis gegee dat sy Dinsdag 'n wetsontwerp oor Namibië se tyd en verwante sake in die Nasionale Vergadering ter tafel sal lê.
Sy het egter in die kennisgewing nie die aap uit die mou gelaat oor of wintertyd gaan bly of nie.
Namibiërs sal dus eers Dinsdag hoor wat die uitkoms van die ministeriële ondersoek is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie