’n Kultuur word gevestig
Besoek die barbierswinkel, The Jaybird & Blade, om gepamperlang te word en om te gesels, grappe te maak en stoom af te blaas.
Tanja Bause
By The Jaybird & Blade – Cuts & Shaves gaan dit nie net oor die beste haarsnit wat ’n man kan kry nie, maar ewe veel oor begrippe soos kultuur, kameraderie en leefstyl.
“Ses jaar terug het ek besef ek moet my lewe verander, want my werk het vir my geen vreugde ingehou nie. Ek het toe my eie en my vriende se hare in my motorhuis begin knip en tot vandag is ek nie ’n oomblik spyt dat ek aan die einde van 2014 dié barbierswinkel oopgemaak het nie,” sê Oliver Reissner, die 36-jarige eienaar.
Ollie is in Kaapstad gebore en dit was waar hy as jong seun die eerste keer met ’n barbier kennis gemaak het.
“Ek onthou wanneer ek en my ouers by die Waterfront gaan eet het, het ek altyd by Mr Cobbs The Barber ingeloer. Die hoofbarbier het op sy stoel gesit en koerant gelees. Hy was altyd fantasties aangetrek en dit het ’n groot indruk op my gemaak.”
Sy pa het werk by die destydse Suidwes Brouerye gekry en die familie het Windhoek toe getrek, waar hy sy skoolloopbaan voltooi het.
“Ná skool is ek terug Kaapstad toe om te studeer. In sewe jaar het ek twee diplomas en een graad in industriële ontwerp en in 3D-vervaardiging ontvang.”
Ollie kon ná die voltooiing van sy studies nie werk in Kaapstad kry nie en het terug Windhoek toe gekom. Vir die volgende vyf jaar het hy by Sat-Com se ontwerpafdeling gewerk.
In sy studentejare in Kaapstad het hy altyd sy hare by ’n barbier laat sny. Terug in Windhoek kon hy egter geen barbierswinkel vind nie.
“Hier was net haarsalonne en vir mans was haresny ’n blote deel van ’n dagtaak en geen plesier nie.”
BEGIN
Ollie het babierswinkels begin navors en ’n hele nuwe wêreld van kultuur het vir hom oopgegaan.
In 2014 nadat hy besef het sy lewe is besig om verby te gaan terwyl hy in ’n kantoor sit en dat hy ’n ekstra inkomste moet genereer, het Ollie begin om sy eie hare en die hare van sy vriende in sy motorhuis te sny. Hy het toe vir vier maande Johannesburg toe gegaan om daar alles wat hy kon oor barbierswerk te gaan leer.
“Dit was ’n skoot in die donker, maar ek wou self die professie van professionele leer.
“Ons bied mans veral in vandag se gejaagde lewe ’n uur elke maand wat net aan hulle behoort. ’n Uur uit hul lewe waar hulle pamperlang word, waar hy tussen eendersdenkende mense is, waar hy kan gesels, grappe maak en stoom afblaas. Waar hy vir ’n uur lank net aan homself kan dink terwyl hy ’n goeie haarsnit kry of geskeer word.”
JAYBIRD & BLADE
“Jaybird was in die vyftigerjare ’n term vir sogenoemde probleemkinders – die’s wat hul hare met haarvet agtertoe gesmeer het; die rock and rollers wat met ’n springmes rondgeloop het. Hulle het met die springmes rondgeloop en ons werk met die skeermes.”
By Ollie is ’n haarsnit nie sommer net ’n haarsnit nie.
“Ons boek elke kliënt vir een uur. Hier by ons gaan dit oor kwaliteit en nie oor die kwantiteit nie. Dit is ’n uur waar ons net aan hom aandag gee. Die kliënt kom in en kry ’n keuse tussen ’n gratis yskoue bier of koffie. Hy kry ook ’n Jägermeister verniet.”
Wanneer ’n kliënt die eerste keer by Jaybird & Blade instap, word daar eers ’n konsultasie met hom gehou.
“Ons gesels eers bietjie om uit te vind wat presies hy wil hê en wat hy vir sy hare in gedagte het. Ons verstaan hare. Hare is nie net hare nie; daar is dikkes, dunner, gryses, die’s wat maklik breek of wat beskadig is. Daarvolgens kan ons die kliënt raad gee en vir hom die beste moontlike haarsnit gee.”
Ook die skeer word volgens die ou tradisionele lemskeermes-metode gedoen.
“Ons klits self die skeerroom wat ons gebruik. Ons maak twee handdoeke warm en sit bloekomolie op, omdat dit die sinus oopmaak. Die warm handdoeke maak die vel se porieë oop, wat die vel meer elasties maak en dus makliker om te skeer.
“Dié voorbereiding is alles nodig om die skeerervaring so aangenaam as moontlik vir die kliënt te maak.”
Ollie is baie bly dat sy visie om ’n kultuur en leefstyl te vestig, besig is om vrugte af te werp.
“Ons kry dikwels soos ’n pa en seun, vriende of sakevennote wat saam hierheen kom. Dis wat ek wou skep – ’n plek waar mense kan kom en tuis voel, waarheen hulle wil terugkeer en ander mans saamneem.”
Omdat hulle ’n uur op elke kliënt bestee, kan hulle slegs twee mense per uur sien en dus is ’n vroegtydige afspraak noodsaaklik.
“Niemand kan ons die oggend bel en sê ek wil vinnig kom en my hare laat sny nie. Voor ’n kliënt uitstap, maak ons seker sy volgende afspraak is gemaak.”
Vir die ouer generasie is Jaybird & Blade nostalgies, omdat hulle dalk onthou toe hulle saam met hul pa in ’n barbierswinkel was. Vir die jonger generasie het die winkel “houding” en is dit ’n “hip” kultuur en leefstyl.
BIER
Ollie sê: “Wanneer jy in ’n kantoor sit, is daar min ruimte vir jou persoonlikheid. Vir my was die perfekte ysbreker ’n koue bier. So wanneer mense in die begindae by my motorhuis aangekom het, het ek hulle ’n koue bier gegee; dis iets wat ek tot vandag toe nog doen.”
’n Voormalige besturende direkteur van die Namibië Brouerye (NBL) het eendag sy hare kom sny en het ’n toestel aan Ollie geskenk om bier uit ’n kraan aan sy kliënte te gee.
“Ons volg ’n eerlikheidsbeleid hier by Jaybird & Blade. Ons gee die bier gratis aan kliënte, maar daar staan ook ’n beker waarin hulle ’n fooi kan bydra. Daai fooie verseker dat ons elke week ’n vat bier kan koop.”
LEER
Ollie het reeds vir Martin Fuhs (41) opgelei en hy is tans besig om vir Charlie du Preez (40) en Nick Pongratz (42) touwys te maak.
Martin was een van Ollie se ou motorhuis-kliënt. Hy is ’n gekwalifiseerde werktuigkundige wat twee jaar gelede besluit het om sy lewe in ’n nuwe rigting te stuur.
Charlie was ’n kopieskrywer wat nou soos Nick besig is om te leer.
“Ek was nog altyd gefassineerd met ouskool-besigheid; ek dink dit het beslis ’n plek in vandag se lewe,” sê Nick.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie