'n Ikoniese lewe
GERT JACOBIE SKRYF:
Dirk Mudge, wat ons rondom 04:00 vanoggend, op Heldedag, verlaat het, was 92 jaar oud. Oor 'n mens wat soveel goeie jare geleef het, moet mens maar by die feite hou.
Jy kan ook nie soos sommiges sy lewensjare in seisoene meet nie, want hy was 'n man wat dinge afgemete, doelgerig en planmatig gedoen het. Hy het met feite gewerk.
Hy is op 16 Januarie 1928 gebore en hy is op 26 Augustus 2020, tydens die groot Covid-19-pandemie dood.
Die president van Namibia, mnr. Hage Geingob, het hom in 'n huldeblyk vir sy politieke leierskapsrol in die staatsvorming van Namibië geloof. Die president het spesifiek die punt gemaak dat Dirk Mudge 'n man van sy woord was en in sy lewe gehou het by wat hy gesê het.
Dít is 'n besondere uitspraak.
Wat veral vandag my aandag getrek het, is die baie huldeblyke en boodskappe van medelye wat gestuur word. Kyk in die kommentare hoeveel mense sê hulle het persoonlik met hom te doen gehad. Kyk hoeveel mense bedank hom vir sy bydrae aan Namibië en sy mense. Kyk hoeveel mense probeer beskryf hoe hulle hom ervaar het en som dan die mens op.
Ek sou eerder vandag sy nalatenskap vlugtig in oënskou wou neem.
In die meer as veertig jaar wat ek hom geken het en nou met hom saamgewerk het, was daar 'n groot nalatenskap vir my persoonlik. Hy het in my sekere denke en doene wakker gemaak. Dit het tot 'n groot mate bygedra tot die mens wat ek is.
Ek beskryf dit so, omdat ek wel baie met hom verskil het, maar dit was wat ons verhouding sou definieer.
'n DOENER
In sy politieke werke staan verhale geskryf van stryd, verloor en wenne. Van nimmereindigende vergadering, optredes, oorreding en koersverandering.
Hy was inderdaad 'n politieke pragmatis en 'n doener wat mense moes oortuig, by tye afstand moes vind, altyd moes saamsnoer en die grootste moontlike eenheid van denke moes vind om te bereik waarin hy geglo het: 'n vreedsame en onafhanklike Namibië.
Dirk Mudge het in 1993 uit die politiek getree en gaan boer. Op sy plaas Ovigere in die Otjiwarongo-distrik. Daar het hy 'n rekenaar nader getrek en sy lewensverhaal geskryf.
Hy het geskryf oor sy loopbaan in diens van die land en sy mense.
Hy kon in sy lewensverhaal byvoeg hoe hy 'n eie koerant, Republikein, tot stand kon bring saam met onder andere die intellektuele reus, Jan Spies.
Hy kon die verhaal vertel van die Dirk Mudge Trust, wat verder in die belang van die land se inwoners kon optree.
Die Nakayale Private Academy staan onder die bome teen die duin by Etunda in Omusati as bewys van sy laaste bydrae. Dis sy monument.
En so het die bejaarde Dirk Mudge kon sien wat hy uiteindelik tot stand gebring het. Dis 'n lewende nalatenskap wat nog veel vir Namibië kan oplewer. Droom gerus daarvan dat selfs net een van die kinders wat daar skoolgaan eendag die president of eerste minister van Namibië kan word. Of 'n dokter, advokaat of nyweraar.
RYK IN DIE LIEFDE
Niemand kan redelikerwyse vir 'n beter, meer produktiewe, 'n voller en meer opwindende lewe gevra het nie.
Selfs in die liefde was hy geseënd. Hy het soveel daarvan gekry. Verdien ook, sou mens kon sê.
Van sy kinders, kleinkinders en agterkleinkinders. Die vroue in sy lewe en elke ander mens wat hy aangeraak het.
Dan die tragedie van die dood . . .
Covid-verwant met niemand langs sy bed om in die laaste dae van sy lewe sy hand vas te hou en die warm eerbare liefde aan hom oor te dra nie. Ek het hom geken, hy het van liefde gelewe en daarop gedy.
Nou hoor ek mense beskryf sy heengaan as die val van 'n seder. n Groot boom wat nie meer staan nie. Hoe onwaar is dit nie.
Dirk Mudge se bydrae tot die staatsvorming van Namibië, die ekonomiese ontwikkeling, die gemoed van die land se inwoners, die waardigheid van vreedsame patriotte en selfs die Afrikaanse taal deur die Republikein, is juis 'n groot boom wat nou stewiger geanker staan in die diep gronde van die woestynland.
Dis 'n groot boom met lewende takke waaronder die hele land se mense kan kom sit om die groot man se wysheid in die koel wind te voel.
Soos die wildevyboom van Nakayale, waar ons so baie gedagtes gedeel het.
Ek dink vandag met groot deernis aan die Mudge-familie in al sy vertakkings.
Die boom staan nog. Nuwe lote sal tot reusetakke groei. Niks het geval nie. Dirk Mudge is dood, lank lewe Dirk Mudge, die ikoon.
(Soos gepubliseer op Facebook)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie