’n Hutspot van nuwe leesstof

Die berg nuwe leesgoed het die afgelope weke nuwe hoogtes bereik. Hier is ’n allegaartjie.

‘Die Afrikaners’ – korter én op die kassie

’n Verkorte en aangevulde weergawe van die internasionaal gerekende historikus Hermann Giliomee se akademiese bakenwerk Die Afrikaners het pas verskyn om saam te val met die eerste episode van die TV-reeks Die Afrikaners in beeld wat van Sondag 8 April (om 20:00) op kykNET uitgesaai word. Giliomee is die aanbieder van dié reeks van 26 episodes wat op die boek gegrond is.

Die nuwe uitgawe bied die kern van Giliomee se omvangryke akademiese topverkoper in leesbare Afrikaans vir ’n moderne leserspubliek. Die joernalis en historikus Leopold Scholtz het in Die Burger oor Giliomee se boek geskryf: “Dit hoort op die rak van elkeen wat wil verstaan hoekom die Afrikaners gedoen het wat hulle gedoen het, en waarom hulle tans in die posisie is waarin hulle is. ’n Mylpaal in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing.”

Raad om verhoudings beter te verstaan

Danksy hul program Wie is ek? is Louis Awerbuck, ’n kliniese sielkundige van Stellenbosch, en sy verloofde, die sanger en TV-aanbieder Lise Swart, geruime tyd al bekend as die radiostasie RSG se verhoudingskenners. Nou verskyn Ek & jy: Verhoudings wat werk, wat bemark word as ’n nugter “moue-oprolboek” wat jou sal help om jouself, jou geliefde(s), familie, kollegas én ander mense om jou beter te verstaan. Dit bevat onder meer praktiese raad om ’n verhoudingsmaat te kies, doeltreffend te kommunikeer oor verwagtinge en voorwaardes, en mekaar só sonder drama, konflik of stilstuipe beter te verstaan.

Die Pretoriase sielkundige Ronel du Toit noem haar “kophouboek” oor dieselfde onderwerp Verhoudings onder druk: 13 beginsels wat maak dat verhoudings slaag of misluk. Dié gids van 237 bladsye bevat ’n magdom voorbeelde en praktiese riglyne wat beloof om bestaande verhoudings – of dit nou met ’n kollega, ouer, kind, huweliksmaat of vriend is – beter te verstaan en bestuur, verhoudingsproblematiek uit te ken en hanteer, en op ’n voorkomende grondslag geestesgesondheid en geluk te bevorder

Dramatekste was nog nooit kontantkoeie nie, en daarom moet iedereen wat lief is vir Afrikaans dankbaar wees vir uitgewers wat nog hul weg oopsien om dié “liefdestaak” te verrig. Tafelberg-uitgewers is verantwoordelik vir die publikasie van Liewer, die jongste toneelstuk uit die pen van Tertius Kapp, wat in 2015 vir sy toneeltekste Rooiland en Oorsee met die Hertzogprys vir drama bekroon is. Die vier karakters in Liewer moet midde-in ’n ironiese sameloop van omstandighede leer presies hoe onpeilbaar die liefde is; die resensent Laetitia Pople het die verhoogproduksie onder regie van Jaco Bouwer beskryf as ’n “emosionele maalkolk van wellus, misbruik en verraad”.

Ook die veelbekroonde dramaturg Nicola Hanekom se “teater-in-die-rondte”-produksie In glas is pas deur Protea Boekhuis uitgegee. Dié stuk het talle vername pryse gewen en handel oor ’n kinderlose egpaar wat in vitro-bevrugting ondergaan, en die uitwerking van hul versugting na ’n kind op hulle as individue, hul huwelik en hul verhoudings met ander.

Hoë voorkoms van ‘intieme vrouemoord’

Reeva Steenkamp, Jayde Panayiotou, Susan Rohde . . . dié voorbladstories is maar die oortjies van die seekoei, beweer die joernalis Schalk Schoombie in Tot die dood ons skei: Mans wat hul vroue vermoor, ’n ondersoek in 16 hoofstukke na ’n misdaad wat skokkend algemeen geword het: In Suid-Afrika sterf immers drie vroue elke dag aan die hand van ’n jaloerse, depressiewe of beheersiek man – ’n eggenoot, eks, minnaar, selfs ’n huurmoordenaar. Schoombie bespreek die komplekse oorsake van “intieme vrouemoord” en deel verskeie skokkende gevallestudies tesame met kennersraad en selfs ’n lys van hulporganisasies vir geweldenaars en slagoffers.

Die Groot Griep ’n eeu later onthou

Baie min is nog in Afrikaans geskryf oor die Spaanse grieppandemie wat ’n eeu gelede – tussen September 1918 en Januarie 1919, lank voordat daar behoorlike mikroskope was – nagenoeg 50 miljoen menselewens oor die wêreld heen geëis het. Sowat ’n halfmiljoen Suid-Afrikaners het omgekom. Vir Swart Oktober van 1918-19: Ons mag nie vergeet nie!, ’n omvattende geskiedkundige studie wat hy self uitgegee het, het Chris Meyer van Mosselbaai verskeie bronne geraadpleeg, vernaam nuus- en doodsberigte in uitgawes van De Kerkbode wat in dié twee jare verskyn het. Interessante leesstof vir geskiedenisslawe en genealoë.

Dokter se hoop oor vigs in Afrika

Dr. Daniel Baxter was werksaam by ’n New Yorkse gemeenskapsgesondheidsentrum en het nie ’n benul gehad waarvoor hy hom inlaat toe hy na Bo­tswana gekom het om met sy “Eerstewêreldkennis” met die implementering van Afrika se eerste MIV/vigsprogram te help nie. Baxter se goeie bedoelings en “onbesonne onbaatsugtigheid” is gou deur die harde werklikheid en onmeetlike nood verswelg, maar One Life at a Time is uiteindelik ’n storie van hoop te midde van die hartverskeurende verhale van mense wat met MIV/vigs lééf. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026