‘n Hupstoot tot onafhanklikheid
Die Lidar-stigting in Windhoek het onlangs bykomende befondsing ontvang om hulle daaglikse bedrywighede te ondersteun.
Jeanette Diergaardt
Lidar is ’n gemeenskapsentrum in Windhoek wat meisies op hoër- en laerskool asook jong moeders en hul babas help.
Hierdie sentrum bied ondersteuning in die vorm van onder meer opleiding, die aankoop van skoolbehoeftes en skoolklere, nasorg, kosvoorsiening, leesklasse, tydelike hawes en vaardigheidsopleiding.
Lidar is onder bestuur van me. Serely Khaxas en het op 11 Mei bykomende befondsing ontvang om hul daaglikse bedrywighede te ondersteun.
Mnr. Rodman Katjaimo, ’n raadslid van die Katutura-kiesafdeling, het sy ondersteuning vir dié gemeenskapsprojek gegee.
“Julle kan enige tyd van die dag aan my deur kom klop.”
Alexander Forbes, wat al vir drie jaar deel van die projek is, het hom verbind tot ’n maandelikse skenking van N$5 000 om die projek te help om hul daaglikse onkostes te dek.
Die maatskappy het ook twee stowe en ‘n yskas aan Lidar geskenk.
Me. Nancy Maphosa, bemarkingsbestuurder by Alexander Forbes, sê sy is opgewonde om deel van die projek te wees, omdat die begunstigdes streef om selfstandig te wees en om eendag sonder enige borge hul eie kostes te kan dek.
Khaxas is dankbaar vir die bykomende geld, omdat dit beteken die vroue en meisies kan nou meer fudge maak en kolwyntjies bak om te verkoop.
Die projek, wat al vir sewe jaar aan die gang is en daagliks groei, het ’n paar vrywilligers wat tot die projek se sukses bydra.
Een van die begunstigdes en vrywilligers, me. Rebekka Van der Bijl, wat met die projek se bystand verder studeer om ’n prokureur te word, sê die projek het haar deur haar skooljare gedra om uiteindelik ’n beter toekoms vir haarself te bou.
Verder sê sy as weeskind het hulle haar die nodige ondersteuning gebied om ’n beter lewe vir haarself te skep.
’n Groter sentrum om meer meisies, vroue en seuns te ondersteun en ook opleiding tot beter vaardighede te bied, word vir die toekoms beplan.
Drome vir die sentrum is om later landswyd uit te brei en nog sentrums oop te maak om meer lewens te verander.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie