u2019n Hupstoot teen borskanker
u2019n Hupstoot teen borskanker

’n Hupstoot teen borskanker

Leandrea Louw
Leandrea Louw - Die Kankervereniging van Namibië (CAN) het onlangs ’n hupstoot in die stryd teen borskanker gekry.

Erongo Radiology van die Erongo Medical Group het N$20 000 aan die vereniging geskenk, wat vir mammogramme aangewend sal word.

Dit bied kwesbare lede van die gemeenskap die geleentheid om deur CAN na die Welwitschia-hospitaal op Walvisbaai se radiologiedepartement vir mammogramme verwys te word.

’n Mammogram is ’n laedosis X-straal- en behels ’n gespesialiseerde rekenaarstelsel.

Volgens mnr. Mathias Braune, Erongo Medical Group se uitvoerende hoof, is dit die tweede jaar wat die groep hulle hiertoe verbind.

Verlede jaar is N$30 000 geskenk.

“Met borskankermaand (Oktober) om die draai is dit net gepas dat ons dit weer doen. Ons het besluit om dit ‘n jaarlikse instelling te maak,” sê hy.

Mnr. Rolf Hansen, CAN se uitvoerende hoof, het gesê toegang tot billike gesondheidsorg bly ’n reuse-uitdaging.

“Ons glo ons kan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se pogings ondersteun, maar dit is net deur slim vennootskappe soos dié moontlik. Sowat 90% van die pasiënte wat ons sien, is op die platteland en het nie toegang tot gesondheidsgeriewe of –programme vir skandering vir diagnostiese doeleindes nie.

“Die vennootskap wys ‘n private entiteit binne die gesondheidsektor gee vir mense om wat nie toegang tot dié dienste het nie,” sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer