’n Huis vir Helena
’n Kompetisiewenner gaan deur middel van haar testament seker maak sy verloor nooit haar prys nie.
Maria Eiseb - ’n Skoonmaker en ma van vyf was sprakeloos toe ’n huis in die Greenwell Matongo-woonbuurt in Katutura aan haar oorhandig is.
Me. Helena David (55) was die gelukkige wenner van dié groot prys van King Lager in die Win a House-kompetisie wat van Desember 2016 tot April vanjaar gestrek het.
Volgens King Lager se takbestuurder, me. Samanthé Heyns, het die groot prys N$500 000 van King Lager behels - dít vir die koop van ’n erf, die bou van ’n huis of die opknap van ’n huis.
“David was vreeslik bly toe ons haar gebel en gesê het sy is die gelukkige wenner,” het Heyns gesê.
“Dit het ons sowat ’n jaar geneem om alles af te handel, maar sy was voortdurend geduldig,” het sy gesê.
Mnr. Wessie van der Westhuizen, Namibian Breweries se besturende direkteur, het by die oorhandiging gesê mense moenie net negatiewe opvattings oor bier hê nie - dit kan ook tot die versorging van weerloses bydra.
“Die gemeenskap moet bier nie net as negatief sien nie - King Lager het ’n ongemoute bier in 2015 bekend gestel ter ondersteuning van Visie 2030 en armoedeverligting in Namibië.
“Ons ondersteun mense wat wees- en weerlose mense help. King Lager se rol is om die weerloses hoop te gee,” het hy gesê.
David het by die oorhandiging gesê sy is die afgelope 20 jaar deel van die Twangana-groep informele nedersetters sodat sy geld kan spaar om eendag ’n huis vir haar en haar familie te koop.
“So nege van ons het in een sinkhuisie gebly en daar was nie genoeg ruimte nie, maar nou het ek ’n kombuis op sy eie en ek kan vir die familie lekker kos maak.
“Ek het sowat N$180 000 gespaar en King Lager het die wenbedrag bygevoeg om vir my ’n huis te bou,” het sy gesê.
David het gesê sy het gedink sy droom toe sy King Lager se goeie nuus-oproep ontvang.
“Ek het gebewe. Ek kon dit nie glo nie,” het sy gesê.
David se oudste seun, mnr. Tyson David, het gesê hy is trots op sy ma en “dankbaar dat die Here dit moontlik gemaak het”.
David se man, mnr. Joël David (52), het gesê: “Ek sou dit eers glo wanneer die huis klaar gebou was, maar ek kan nou sien dit is die waarheid.”
David het gesê sy en haar familie sal eerskomende naweek by die nuwe huis intrek en sy sal deur middel van haar testament seker maak niemand verkoop haar huis nie - “al is ek dood”.
“Niemand sal my huis verkoop nie, dit is geskiedenis en dit is die nageslag se erfenis,” het sy gesê.
“Ek het nou ’n huis wat ek my eie kan noem.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie