'n Huis vir Ananias
Tanja Bause
Danksy Standard Bank Namibia se Buy-a-Brick-projek het mnr. Ananias Shikongo, Namibië se paralimpiese gouemedaljewenner, ook nou 'n holte vir sy voet.
Die blinde Shikongo het in 2016 een goue en twee brons medaljes by die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro losgeslaan.
As kind het hy sy sig verloor en in 'n sinkhuis in die Goreangab- informele nedersetting grootgeword.
Standard Bank Namibia, in samewerking met die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE), het 'n huis ter waarde van N$500 000 aan hom oorhandig.
“Ek is baie dankbaar vir dié huis. Hulle het my lewe van 'n krotlewe na 'n stadslewe verander,” het Shikongo gesê.
“My sportloopbaan het nie in Januarie 2016 begin nie. Dit het in 1996 by die Eluwa- spesiale skool vir gesigs- en gehoorgestremde kinders begin. Dit was 'n lang en harde pad,” het hy gesê.
Hy het ook 'n boodskap vir die jeug: “Julle het nooit tyd om vir oefening te gaan nie. Julle mors jul lewens. Julle staan vroeg op om iemand anders se goed te steel en wag dat julle geskiet word.
“Julle gaan jul lewens verloor. Kyk na my lewe. Ek is blind en het niks verloor nie.
“Daar is baie mense wat kan sien, wat sukkel, maar hulle sal nooit bereik wat ek bereik het nie. Hou op om jul tyd te mors.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie