‘n Helpmekaarplan vir kleiner dorpe
NEVILLE NEVELING VAN OTJIWARONGO SKRYF:
Nou is seker maar die tyd om planne te maak! En as die planne opraak, dan kan dit dalk nie so goed wees nie . . .
Met die dat die hele wêreld nou oorval is deur hierdie onsigbare monstertjie en almal maar erg getref word op een of ander manier, moet ons hier op Otjiwarongo – die mooi plek – ook ons planne beraam.
Een van die mooi inisiatiewe wat ‘n goeie bydrae lewer, is ‘n koopbewysinisiatief waarmee van ons werknemers vorendag gekom het.
“Ons het almal nodig om te werk en ons moet probeer om ons werkers te behou. Die plan behoort nie net vir ons van waarde te wees nie, maar kan beslis bydrae tot die dorp se welstand,” sê hierdie span.
Klein besigheid het gewoonlik nie veel ruimte nie. Groter ondernemings kan pryse verlaag, bemarkingsveldtogte van stapel stuur en hulle oorhoofse kostes bestuur op wyses wat kleiner ondernemings net nie kan doen nie. Gewoonlik is die gevolg dat die kleiner, soms noodsaaklike verskaffers, hulle deure moet sluit. En as daar ‘n klompie van hulle is, dan het dit ‘n impak op die dorp en omgewing.
Die idee is om op ‘n produktiewe wyse nuwe vooruitsigte vir verskillende ondernemings te skep.
By die Bush Pillow-gastehuis het werknemers ‘n dinkskrum gehou en voorgestel om aan gaste ‘n koopbewys van N$100 te gee by ander ondernemings in die dorp wat wou meemaak.
Die groepie het toe aan die werk gespring en ondernemings gaan sien en kort voor lank was daar ‘n hele aantal klein besighede wat ingestem het om deel te neem, byvoorbeeld Medikor Apteek, Dros, Infotech, Bohemia en ander.
Stimulering is broodnodig in kleiner ekonomiese omgewings en ons deel graag hierdie konsep indien dit vir ander van waarde kan wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie