'n Golf van omgee
ADRIAAN KRUGER SKRYF:
Advokaat John Walters vir president asb.
U woorde op die radio was so waar en die kruks van ons samelewingsfout. U noem onder andere dat behoeftiges nog altyd deel van ons samelewing was, maar dat ons dit nou eers raaksien met corona-bewustheid en gewetenshalwe hulp organiseer.
U woorde gee my gemoedsrus dat sommige reg doen deur persoonlik self te gee en te ervaar en nie net emosieloos deur instansies nie. Dit bevestig my motto: "If you want to cheer yourself up, cheer someone else up."
Daar is niks so verrykend soos om warm kos vir 'n vrekhonger mens te gee en die dankbaarheid te voel, of om die armpies om jou nek te voel van jou huishulp se arm buurvrou se dogtertjie vir wie jy haar enigste skooltrui gekoop het nie.
Ons moenie so skenk dat ons nie ervaar en voel nie. Kom ons raak 'n golf van altyd omgee in ons mooi land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie