u2019n Gesig en stem vir koerante
u2019n Gesig en stem vir koerante

’n Gesig en stem vir koerante

Henriette Lamprecht
As iemand wat veilig voel ágter ’n rekenaar en wat ’n stem en ’n gesig vir slegs nuusblaaie en nie radio en televisie het nie, is daar niks wat die koue sweet en die maag laat loop soos ’n regstreekse uitsending nie.

Mooi aantrek en lippe opsit kry jou immers ook net só ver en dan is jy op jou eie – mooi persoonlikheid ofte nie.

En om op ’n radiostasie jou nuusgrepie te sê, is ook nie so eenvoudig nie, liewe leser.

Woorde is al in onbewaakte, beangste oomblikke geuiter wat beslis nie gesinsvriendelik is nie.

Soos toe die woord “kosmos” in ’n oomblik van swakheid per ongeluk in ’n vroulike liggaamsdeel verander het.

Verstommend is dit hoe vinnig die suurstof jou ook in ’n opsomming van die dag se nuusgebeure kan verlaat soos die sekondes aftik.

Soos die suurstof minder raak, so raak die stem hoër tot jy afsluit met ’n heliumstem wat babatjies laat huil en katte laat skarrel.

Woorde wat skielik oor jou lippe tuimel en glád nie gesinsvriendelik is nie en selfs ’n grafitti-skrywer onder ’n verlate brug sal laat bloos. Sommer net so ewe skielik.

Danksy die geheue van sosiale media en die opneemknoppie van ’n kamera leef blapse waarvan jy regtig net wil vergeet, egter vir duisende voort wat self nie dapper genoeg is om dit voor ’n kamera te waag nie.

As jy besluit genoeg is genoeg, is ’n regstreekse uitsending dalk net die regte plek vir jou swanesang en uitstap. Vra maar vir Ashwin Willemse, wat summier voor verbaasde mede-aanbieders en die res van Suid-Afrika besluit het Nick Mallett het hom eens en vir altyd genoeg geboelie.

Oor die waters was dit ene Siobhan Ryan van RTE News, weervoorspeller van formaat, wat besluit het sy dien sommer haar bedanking tydens die jongste weervoorspelling in.

Weervoorspellings leen hulle in die algemeen tot regstreekse blapse, wat maak dat die kyker eerder die verkeerde uitspraak of gegrom van ’n baie omgekrapte maag onthou, as of dit bewolk en warm gaan wees.

BBC is immers ’n gerekende nuusagentskap wat getrou elke oggend met ’n ontbytsessie kykers op hoogte van die jongste nuusgebeure bring. Tot op ’n dag wat ’n arme aanbieder byna sy lewe weens vallende toerusting verloor. Matt Taylor was besig om in normale, kalm weersomstandighede sy rympie te sê toe ’n skielike rukwind ’n staanlig uit die oog van die kyker byna bo-op hom laat land het.

Soos ’n gesoute regstreekse uitsending-aanbieder het Matt bloot sy een hand uitgesteek, die lig regop gehou en voortgegaan om te praat oor rukwinde, wat toe nou wel tydens die voorspelling vir die dag hul verskyning kan maak.

Natuurlik is daar ook nuus wat deel van g’n voorafbulletin maak nie en begin gebeur die oomblik wat jy in die monitor voor jou kyk om die nuus van die dag te deel. Dan is dit tyd vir flinkdink en mooimaak in ’n oogwink.

Soos die MSNBC se Matt Bradley wat vinnig ’n plan met ’n wegstaanhaar of twee moes maak. Dit sonder enige water of haarprodukte in sig. Die oplossing was om genoeg spoeg bymekaar te maak, op sy hand ’n blob te spoeg en sy hare plat te vee. Regstreeks.

’n Uitsending wat die CBC-verslaggewer Chris Glover nie sommer sal vergeet nie, is die dag wat ’n man in een van die agtergrondtonele tydens ’n regstreekse buite-uitsending besluit het om van naderby kennis te maak.

Sommer van baie naderby. Die man het ongemerk agter Glover verskyn en begin om sy gesig in Glover se nek te versteek en sy oor te begin karnuffel. Soos dit ’n goeie verslaggewer tydens ’n regstreekse uitsending betaam, het Glover sonder enige sigbare teken van ongemak met sy rympie voortgegaan totdat die kameras ophou rol het.

Ter afsluiting gaan die kroon vir my egter aan MSNBC se Stephanie Ruhle, wat tydens ’n segment oor die brande in Kalifornië per ongeluk die woord “farting” in plaas van “fighting” gebruik het, maar steeds haar pose gehou het om die segment te voltooi. Respek, suster, respek!

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%