'n Erfenis van probleme
Staatsondernemings wat bakhand by die regering staan – om hulp wat hierdie keer miljarde dollar beloop – is 'n liedjie wat Namibiërs al vir meer as twee dekades hoor.
Die Lughawensmaatskappy (NAC), nasionale uitsaaier (NBC) en Air Namibia is opnuut teen die t oue. Van die grootste kopsere is wat met die bankrot Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) en TransNamib gaan gebeur. Die nasionale karweier het N$19 miljard nodig ná 'n regrukplan die afgelope jare min kon vermag.
Dit is nie so maklik om sommer net staatsondernemings (SOE's) te sluit nie. Buiten vir massiewe werksverliese is talle faktore ter sprake.
Wat steeds duideliker word, is hoe 'n gebrek aan onderhoud en behoorlike, toekomsgerigte beleggings en beplanning die voortslepende penarie geskep het waarin die land en SOE's verkeer.
Die stand van die land se spoornetwerk is 'n tipiese voorbeeld. Dit gaan dalk nie ewe hinkepink nie, maar ons kan dieselfde oorsake aan die stand van onderwys en gesondheid koppel.
Roer hierby dekades se swak bestuur, wanbestuur en korrupsie, en dié resep moes die bitter kelk brou waaraan ons nou teug.
Ook het die regering nie goed beplan vir die drastiese vermindering van direkte buitelandse hulp nie.
As keuses soos privatisering (waar gepas) of lysting lank terug al oorweeg was, sou probleme minder gewees het.
Soos met baie vraagstukke, is die stand van sekere SOE's die werk van vorige regerings.
Dit maak dit vir die huidige regering moeilik om kwynende vertroue te herstel.
Ingrypende dade en visie is nodiger as ooit.
So sê ander
16 Augustus 2017
Kernkragplanne van regering kan nie vertrou word
Dit gaan die verstand te bowe dat die regering oënskynlik halsstarrig vasskop met sy beoogde kernkragplan, al is daar al hoe meer tekens dat die grandiose program die land oneindig baie skade kan berokken.
Die hardnekkige volharding laat die vraag ontstaan of bepaalde beloftes gemaak is wat die regering hiertoe verbind het. Dit sal nie verbaas nie.
Die bedrae ter sprake by die kernkragprojek – tot R1 000 miljard – laat die verstand duisel, terwyl ál meer gevaarligte flikker wat bevestig dat die program eintlik al lankal geskrap moes geword het.
Nog 'n teenstrydigheid is dat Eskom deesdae 'n oorskot elektrisiteit het.
Die gevaar is groot dat die ekonomiese impak van die kernkragprojek uiteindelik die land op sy knieë kan dwing. 'n Regering gelei deur staatskapers kan beslis nie vertrou word om die regte besluite hieroor te neem nie.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie