'n Engel van die Here
/AWEBAHE JOHANNES //HOESEB SKRYF:
Wyle pastoor Fritz Gaweseb se heengaan het 'n voorval in my geheue herroep wat op Hemelvaartsdag in die vroeë oggendure van 28 Mei 1981 of 20 Mei 1982 plaasgevind het by die destydse Khomasdal-kampus van die Akademie vir Tersiêre Onderwys.
Gaweseb was een van die stigterslede asook van die mees aktiewe lede van die destydse Christelike Studentevereniging (CSV), tesame met onder andere wyle Natalie Walter Kahivere, wyle Junius, Isak Uitele, Ben llAreseb, Ephraim Dawids, Joshua Japhet en Ludwig Beukes op daardie kampus.
Die vorige aand het ek en 'n hele paar studentemaats by die Star Hotel in Khomasdal die elmboog tot middernag behoorlik gaan lig. Omtrent vieruur die oggend van Hemelvaartsdag het Habel Shihango, een van my maats in kamer 42, vir my wakker geskud en gesê: "Jong, die koms van die Here het nou 'n werklikheid geword, en dit onderwyl jy en ek nog erg aangeklam is!"
Ek het toe onder die komberse uitgekruip, regop bo-op die bed met 'n hart wat wild geklop het gesit en gevra wat vir Habel onder daardie indruk geplaas het. Meester Shihango het net 'n vinger op sy lippe geplaas en vir my gewys om stil te bly en te luister.
Wat ek kon uitmaak, was dat iemand kliphard gesing-bid het, en die Here geloof en geprys het vir die Verlosser wat opgevaar het na die Hemel, en as die mensdom se voorspraakmaker aan die regterhand van onse Skepper op die troon gaan sit het.
Ons het later genoeg moed bymekaargeskraap om vas te stel waar die "Engel van die Here" was wat so hard gesing en gebid het. Ons het al agter die stem aangeloop en in die kamer waar ons studeer, vergaderings gehou en gesosialiseer het wyle pastoor Gaweseb afgekom wat in 'n biddende posisie op sy knieë was.
Dit was hoe ek hom deurgans geken het - as 'n dienende Christen. Sedert daardie jare totdat ons laas sowat vyf jaar gelede in die wandelgange van die ou gebouekompleks van die Hardapstreekraad ontmoet het.
Mag God die siel van sy toegewyde kneg, Fritz Gaweseb, in vrede laat rus.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie