u2019n Eenvoudige resep wat werk
u2019n Eenvoudige resep wat werk

’n Eenvoudige resep wat werk

[email protected]
Sanet de Waal
Augetto Graig

Wat kan jy goed doen? Waarvan hou jy? Wat kan jy doen en terselfdertyd geld daaruit verdien?

Hierdie drie vrae is kern tot ’n volhoubare loopbaan. Waar hulle mekaar kruis, is waar sukses volop en maklik verkrygbaar is.

Dit is ’n eenvoudige resep wat werk.

Probeer dit. Vra jouself af, wat doen ek goed? Vra jouself af wat jy geniet? Vra jouself af hoe jy wins daaruit kan maak?

Doen dit. Eenvoudig.

Natuurlik is geen eenvoudige resep of stel instruksies ooit so maklik om toe te pas nie, en oefening is beslis nodig om die uitvoer van die resep te vervolmaak, maar daar is nie baie om in ag te neem nie.

Die lewe verskaf reeds genoeg ontwikkeling en ervarings om jou baie keuses te bied. Let wel: Gee aandag aan wat jy doen, en aan wat rondom jou gebeur. Daarin lê die leidrade.

Ons is almal uniek en die antwoord is nooit presies dieselfde nie, al voel dit soortgelyk, moet elkeen sy eie oplossing vind.

Wat werk vir jou? Laat dit vir jou werk. Maak werk daarvan. Sit die werk in. Werk weer daaraan. Laat dit werk. Doen die werk. Doen jou werk.

Werk is goed vir mens.

Wat is werk?

Werk is wat jy moet doen. Hoekom moet jy dit doen? Want jy het besluit dit moet gedoen word. As jy nie so besluit het nie, sou jy nie opstaan en dit doen nie.

As jy dit dan moet doen, hoeveel beter is dit nie as jy dit goed kan doen nie, en as jy dit goed kan doen, is dit maklik om te geniet. Die beste is beslis as jy iets goed doen, dit geniet en daarvoor betaal word.

So sou mens lekker kon werk.

Om lekker te werk, is dalk beter as om hard te werk. Mens kan ook soms lekker hard werk.

Hardewerk is jy eie loon. Beloon jouself.

“Doen” is een klein werkwoord wat als behels. Doen.

Lewe.

Wees. Wees iemand. Wees jouself.

Doen iets met jou lewe, terwyl jy nog hier is.

Die lewe is kort en is spoedig verby. Die wat weet, sê jy berou meer dit wat jy nie gedoen het nie. Foute sal jy maak, maar selfs daaruit kan jy leer, en jy kan altyd verbeter. So maak mens dit die moeite werd. Die waarde spruit uit die moeite.

Doen die moeite. Doen moeite. Dit betaal.

Hou kop. Hou by. Hou aan.

Probeer weer.

Geleenthede kom gedurig en sonder waarskuwing. Die wat gereed is, kry die geleentheid om gebruik daarvan te maak. Wees gereed. Die wie bewus is van die geleentheid kan daarby baat. Leer meer.

Kennis is so oneindig soos die heelal. Daar is altyd nog om te leer.

Vind jou passie vir die lewe en maak ’n lewe daaruit.

Doen wat jy goed doen. Doen wat jy geniet. Bou jy besigheid daaruit, of soek daardie werk wat jou toelaat om dit vir ’n inkomste te doen.

Dit werk.

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer