’n Digterlike inval

Windhoek Woordfees
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Liefhebbers van die woordkuns kan hulle regmaak vir ’n vuurwarm woordweek vroeg in Augustus wanneer die doyenne van die Afrikaanse digkuns, Antjie Krog, saam met die ewe geliefde Carina Stander by die Windhoek Woordfees optree.

Vanjaar vind hierdie fees van 3 – 10 Augustus plaas, met al die items op die program wat in die Operahuis by die Lemon Tree Restaurant in The Village in Liliencrohnstraat aangebied word.

Beide hierdie digters sal tydens die Skrywersgesprekke op Saterdagoggend 10 Augustus oor hulle digkuns gesels. Die wenners van die Daardie aand sal Krog tydens ’n die afsluiting van die Woordfees ook van haar gedigte aan die gehoor voorlees.

Krog is volksbesit al van die verskyning van haar eerste digbundel, Januarie-suite, in 1972. Haar beroemde "kaalvoetgedig" aan haar ma bly een van die gewildste gedigte in Afrikaans: “Ma, ek skryf vir jou ’n gedig/sonder fensie leestekens/sonder woorde wat rym/sonder bywoorde/net sommer/’n kaalvoetgedig. . .”

Sy het met latere werke soos Country of My Skull (1998), A Change of Tongue (2003) en Begging to be Black (2009) ook ’n reusebedrae tot aktuele diskoerse in Suid-Afrika gelewer.

Die nagevolge van kolonialisme, apartheid en ’n nuwe manier van wees in Suid-Afrika word in hierdie trilogie ondersoek.

As ’n joernalis wat ná 1994 oor die Waarheids- en Versoeningskommissie in Suid-Afrika verslag gedoen het, het sy ’n belangrike rol in die kritieke ontleding van die gebeure van daardie geskiedkundige tydperk gespeel.

Krog gaan tydens die Filosofiegesprek op Donderdagaand 8 Augustus op dié proses terugkyk en besin of die kommissie inderdaad in die post-apartheidsera versoening gebring en vir slagoffers van apartheidsvergrype genesing bewerkstellig het.

CARINA STANDER

Stander – wie se nuwe boek, Wonderwese, in Oktober verskyn, bied op 8 en 9 Augustus van 14:00 – 17:00 ’n poësie-skryfkursus vir voornemende digters aan. Dit vind ook by die Operahuis plaas en inskrywings kos N$1 000 per persoon.

Ná 'n meestersgraad (met lof) in Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad, het haar digdebuut, die vloedbos sal weer vlieg, in 2006 verskyn. Dit was op die kortlys vir die Universiteit van Johannesburg-debuutprys en agt van dié gedigte is in Groot Verseboek opgeneem.

Die ander items op die Woordfees-progam is die Storievuur (Saterdagaand 3 Augustus) en Poppekas vir die jongspan op Woensdag 7 Augustus om 15:30. Dié kinderproduksie is vanjaar weer eens gratis.

Vir meer inligting oor die besoekende kunstenaars, die volledige program, kaartjiepryse en -verkope, kan lesers www.windhoekwoordfees.com besoek of vir Olga Maartens by 081 279 0454 bel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.34 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.35/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.97% | Zinc US$ 2 816.90/T DOWN -0.14% | Brent Crude Oil US$ 87.00/BBP DOWN -0.0081 | Platinum US$ 948.61/OZ UP +0.92% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.34 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.35/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.97% | Zinc US$ 2 816.90/T DOWN -0.14% | Brent Crude Oil US$ 87.00/BBP DOWN -0.0081 | Platinum US$ 948.61/OZ UP +0.92%