’n Dagreis in die woestyn agter water aan
Ek dink in die hele wêreld is daar nie mense wat so mal oor reën en water is soos Namibiërs nie.
As ons hoor dit het iewers gereën, is ons in ons noppies. As daar nog sprake van ’n rivier is wat iewers loop, maak ons planne. Ons pak die voertuig, die familie en proviand, en vat die pad.
Dit is nou presies wat onlangs gebeur het toe ons verneem dat Sesriem-canyon water in het. Hoeveel het ons nie geweet nie, en dit het ook nie saak gemaak nie.
Planne is onmiddellik begin maak sodat die ses van ons op ’n Sondag vir die dag soontoe kan ry om in die water te swem.
Wetende dat die pad baie ver is, is daar besluit om 05:00 die oggend die pad te vat. Alles het goed begin toe die eerste twee, Nina en Jane, opgelaai is. Hulle was reg vir die dag en het buite die huis op die sypaadjie gestaan en wag. Beide was nog nooit in Sesriem nie en die opgewondenheid was duidelik op hul gesigte.
Toe ons by Doris aankom, begin die probleme egter. Ná ’n gebel tel sy die foon op. “Ek het verslaap en is nog in my nagklere. Ek maak oop, dan pak julle my goed terwyl ek regmaak vir die dag,” het sy gesê. Dit het ons ’n bietjie teruggesit, maar nie te veel nie, en ons is toe na Estelle se huis toe.
Sy het nie eers die foon hoor lui nie. Ná talle klippe wat op die dak gegooi is en die bure wat onrustig geraak het, was ook sy uiteindelik in die bakkie en ons kon die pad met ’n uur se vertraging aanpak.
Ashley was by die see en het sommer vanuit Walvisbaai vertrek.
Die reis soontoe was sonder verdere verwikkelinge, behalwe vir die aanhoudende gegil.
“Dit is so mooi. Kyk hoe groen en kyk al die blomme. Die grassies kom uit. Daar is ’n poel water!” is daar gegil en by alles vir ’n foto gestop.
Met ons aankoms by Sesriem het Ashley al vir ons gewag, want sy het stiptelik om 05:00 uit Walvisbaai vertrek.
Dit was bloedig warm en vinnig het ons die pad af na die water met piekniekmandjie en koelboks aangepak. By die water aangekom, het ons gesien die canyon het eintlik baie min water in. Ons het deur die water om die hoek met al die bagasie gestap en ons teen die klipmuur op ’n sandbank tuisgemaak. Die piekniekkombers is uitgegooi en die kos uitgepak. Toe het ons soos ’n klomp robbe in die heupdiepte bruin water ingehardloop.
Elkeen het vir haar ’n rots uitgesoek en haarself in die water tuisgemaak.
Die toeriste wat by die water aangekom het, kon hul oë nie glo nie. Kameras is uitgepluk en iewers oorsee is daar nou talle foto’s van wat ek seker is as “mal Namibiërs wat niks gewoond is nie” beskryf sal word.
Die Namibiese toergidse het vir ons ’n thumbs up gegee en gevra of ons van Windhoek af is.
“Ek weet sommer julle is Namibiërs, want dis net ons mense wat mal genoeg is om op ’n Sondag Sesriem toe te ry omdat daar water is. Geniet dit. Ek wens ek kon julle join, en veilige terugry,” is herhaaldelik vir gesê, terwyl hul gaste kopgeskud het en ywerig in hul tale gesprekke gevoer het.
Ons het ook ander Namibiërs in die canyon raakgeloop, wat ook net vir die dag afgery het om Sesriem en sy water te kan beleef.
Water is ’n ding wat ons na aan die hart lê en vir ’n Namibiër is geen pad te lank of te ver om by water – veral reënwater – uit te kom nie.
Ek weet as daar iewers in die toekoms ’n rivier loop of as Sossusvlei water kry, is ons ses beslis weer op pad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie