‘n Brief aan my oorle’ ma
Estelle de Bruyn -Liefste mamma Willemientjie,
Jy is nou al ses jaar nie meer met ons nie, maar ek verlang nog steeds na jou. Dit gebeur ná al die jare dat ek nog steeds soms telefoon toe stap om jou te bel en nuus te deel, net om te besef, jy is nie meer met ons nie.
As jy hierdie brief kon kry, sou jy jou hande saamslaan oor hoe die wêreld verander het.
Onthou jy daardie nar-miljardêr van die realiteitsprogram The Apprentice? Ons het so gespot oor sy ego en tuitlippe en . . . jy sal dit nie glo nie, maar oranje-kuifkop gaan oor ‘n paar dae die nuwe president van Amerika word.
Mams, die tye waarin ons leef, is só deurmekaar. ‘n Mens is eintlik bang om soggens die TV aan te skakel en op CNN of Sky News te kyk wat in die wêreld gebeur. Ekstremiste slaan links en regs toe en blaas hulleself met selfmoordbomgordels in besige openbare plekke op, ry met vragmotors in skares onskuldige mense in, skiet sommer wild en wakker op mense wat hulle nie eens ken of hulle nooit iets aangedoen het nie. Dit gebeur in Europa en Amerika waar ‘n man sommer in ‘n kerk instap en op mense wat besig is met ‘n biduur begin skiet; Nigerië, Egipte en Somalië. Dis erg.
Willemientjie, jy sal nie glo hoe duur goed geword het nie. Jy sal jou hande saamslaan!
Ek onthou lank, lank gelede, dink dit was so 1970, daar rond. Ek was saam met jou winkel toe vir die maand se kruideniersware. Goeie, groot trollies vol inkopies huishoudelike benodigdhede, van tandepasta, toiletpapier, gevriesde ertjies, gevriesde hoenders, botter, mayonnaise, meel, koeksoda, alles wat ons vir die maand nodig gehad het.
Toe ons uitstap motor toe, toe sug jy en sê: “Ai my kind, waarheen gaan die wêreld? Dertig rand vir net ‘n maand se kos en lewensmiddele. Ek weet nie hoe gaan gaan jy eendag oorleef nie.”
Dertig rand vir ‘n trollies vol kruideniersware? Mamma! So ‘n trollie sou vandag maklik N$3 000 kos. Willemientjie, jy sou omgeslaan het as jy vandag se pryse moes sien.
Maar Mamma, wees rustig, ek is veilig. Ek bly nie in Suid-Afrika, Europa of Amerika nie. Ek is gelukkig in Windhoek waar ek nog met ‘n oop deur slaap in die kompleks waar ek bly, sodat my worshond, Platsie, in die nag kan uitgaan. Waar ek saans, al is dit skemer, in my swembad kan gaan sit met ‘n glas wyn en na die berge en die ongelooflike uitspansel kyk. In vrede.
(In my geestesoog sien ek Willemien bedaar en tol nie meer in haar graf nie.)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie