u2019n Blink oomblik
u2019n Blink oomblik

’n Blink oomblik

Dani Booysen
Geruime tyd is straf onderhandel en Maandag is belangrike vrugte vir Namibië gepluk toe die glasies op ’n nuwe ooreenkoms tussen die regering en die diamantreus De Beers geklink is.
Nie net sal 15% van Namdeb se diamante nou plaaslik verwerk word nie, maar slypers en poleerders sal stene van alle soorte ontvang.
Die ooreenkoms sal tot in 2026 geld en hou soos verteenwoordigers van beide partye benadruk het, groot belang vir plaaslike waardetoevoeging in. Die verwerking van rou hulpbronne in Namibië is al lank ’n prioriteit vir die regering en die nuwe ooreenkoms gee gestalte hieraan.
Dit is ’n belangrike voorbeeld vir ander maatskappye.
Plaaslike waardetoevoeging skep werk en geleenthede vir die oordrag van vaardighede. Dit is dus ’n sentrale werktuig in die groter doelwitte om armoede uit te wis, om individue en gemeenskappe te bemagtig, om welvaart te skep en groei te bevorder.
In die proses moet die plaaslike verspreiding van diamante deur die nuutgestigte staatsmaat­skappy Namib Desert Diamonds die moeilike tye ophef wat slyp- en poleeraanlegte die afgelope jare ervaar.
As een van die grootste werkgewers in die land en een van die grootste bydraers tot die staatskas, is Namdeb bekend vir sy bydraes tot opheffing. Die maatskappy is ook op rekord oor die belang om diensvoorwaardes van sy arbeidsmag stelselmatig te verbeter.
Dít saam met die uitstryking van Oranjemund se munisipale status bly deurslaggewende take.
Maandag se blink oomblik kan die voorganger vir baie ander blink oomblikke wees.


So sê ander
17 Mei 2016

Fishers need incentives to save stocks

New Zealand’s system of managing fish stocks by tradeable quotas has attracted a great deal of praise in the world since its introduction in 1986, without becoming global practice.
A study estimating New Zealand’s true catch published yesterday, suggests why it has not been widely copied.
The research estimated the quantity of fish dumped once the quota had been filled, the unreported “bycatch” of other species and under-reported recreational fishing, multiplied New Zealand's total catch by 2.7 times the official tallies.
If their boats have been catching more than their quota and dumping the excess at sea, it suggests the quota owners’ vested interest in conservation has been lost in the transmission to the fishing crews, often on chartered foreign vessels.
The industry is killing its future.
• THE NEW ZEALAND HERALD

Kommentaar

Republikein 2025-06-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer