’n Blink nuwe onderbaadjie vir ‘n ou bekende

Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg

In Oktober 2019 het die nuus dat die immer gewilde Warehouse-teater sy deure finaal sou toemaak, die harte van vele musiekliefhebbers gebreek. Die skoknuus het verskeie koerante se voorblaaie, radiostasies se nuussegmente en sosialemediablaaie gehaal. Dit kon as ‘n ramp vir die Namibiese vermaaklikheidsbedryf beskou word.

Dis toe dat Che Rousseu besef: dit kan nie só eindig nie. Vir ‘n man wat 10 jaar se ondervinding in die gasvryheidsbedryf het, moes hy iets aan die situasie doen en nuwe lewe in die gewilde en unieke baken blaas.

“Dit was ‘n logiese besluit gewees,” sê Che, die voormalige eienaar van Zanzi Bar en huidige eienaar van Club Vibe en VIP Events.

“Ek wou die projek met alle mag aanpak,” voeg hy by.

Che se lewensmaat, Megan Pritchard, was net so opgewonde oor die nuus en die moontlikheid van die projek.

“Hy (Che) het beheer van die finansies, logistieke reëlings en infrastruktuur gevat. Ek is in beheer van al die bemarking en vervul die rol van geleentheidsorganiseerder,” sê Megan, wat al 6 jaar in die advertensiebedryf werk.

Teen die einde van Oktober 2019 het Che, Megan en ’n span aansoek gedoen om die ou Warehouse-teater oor te vat.

“Die finale kontrak is in Desember deurgehaak, en toe begin die sport,” sê Che.

Die paartjie het besef Namibiërs soek iets anders, ‘n unieke ervaring.

“Dis rowwe tye wat finansies betref, en ons het besef ons gaan iets anders moet doen. Dus het ons besluit om ‘n modern gemengde mark (modern mixed market) te begin,” sê Che.

Megan verduidelik dit so: “Ons weet mense het nie geld nie en ons het dit in ag geneem. Ons moes seker maak die nuwe formaat kan by die Namibiese gemeenskap aanklank vind.”

Dis hoe Die Brewers Market begin het. Die konsep was eenvoudig.

“As jy in vandag se tye ‘n besigheid oopmaak wat net een diens lewer, gaan jy dit nie maak nie. Jy moet bereid wees om verskeie dienste te lewer, al verg dit bloed sweet,” voeg Che by.

Tydens die opknappingsproses het hulle aan die naam gedink.

“Ons wou ‘n markomgewing skep. ‘n Plek waar plaaslike besighede hul produkte ten toon kan stel. Dis hoekom ons op ‘market’ besluit het.”

Natuurlik moes hulle iets van die erfenis van die gebou in die titel inwerk.

“Die brouery was een van die eerste brouerye van die destydse Suidwes-Afrika. Dit was baie belangrik om die tradisie en erfenis in ag te neem. Dis hoe ons op The Brewers Market besluit het. Dit was vir my belangrik om dít wat die Warehouse-teater deur die jare kon vestig, net vlerke te gee en dit verbeter,” sê Che.

Die Brewers Market bestaan hoofsaaklik uit vier areas, naamlik die mixed Market Lane, Brew Room, The Den en The Deck.

Market Lane is op die formaat van die gewilde Old Biscuit Mill in Kaapstad gebaseer.

“In dié deel van The Brewers Market kry kunstenaars, kosstalletjies, opvoerders en dies meer die geleentheid om hul unieke talente ten toon te stel. In die stadium het ons verskeie permanente uitstallers, maar ons is tans besig om aan verdere moontlikhede te werk. Tans het ons ‘n klein kunsgalery, wynkroeg, plaaslike kosstalletjies en die Batter Bar in die area. Die Batter Bar is veral populêr vir hulle churros. Julle moet dit kom proe, dis heerlik,” sê Megan.

The Brew Room bestaan uit ‘n kroeg, die hoofverhoog en ‘n lounge.

“Dis ‘n lekker relaxed atmosfeer vir almal om hulself net te geniet. Dit moet voel asof jy in jou eie sitkamer by die huis is,” voeg Che by.

Verder is The Den die area waar Melissa Poultin, bekende plaaslike modeontwerper, 10 van haar ontwerpers wat sy huisves, die geleentheid gee om hul kledingstukke aan die mark bekend te stel.

“Dit gee vir jong en opkomende modeontwerpers die kans om hul pragtige kledingstukke in die mark te kry. Die reaksie op The Den was tot dusver net verstommend,” voeg Megan by.

Die ou Loft wat nou The Deck genoem word, is ‘n area wat vir mense die geleentheid gee om hul eie geleenthede aan te bied.

“The Deck is ten volle ingerig met ‘n projektor, kroeg, en my gunsteling, ‘n reeks banke wat uit die dak uit hang,” sê Megan, “dis so lekker om net daar te sit en die sonsondergang te geniet.”

Dis byna onwerklik om te glo The Brewers Market is maar net drie weke oud, maar het reeds die onderwerp van verskeie gesprekke geraak. Dis duidelik dat Che en Megan besef het, “ons gaan iets anders moet doen.”

“Natuurlik is daar nog baie groeipyne. Dis normaal. En ons weet jy kry nie iets soos die perfekte besigheid nie. Die paar negatiewe reaksies wat ons tot dusver ontvang het (en ek kan dit op my een hand tel), het ons reggemaak. Die amptelike opening is iets wat ons altyd sal onthou,” sê Megan.

“Dit was oorweldigend om te sien hoe baie mense dit bygewoon het. En hoe baie hulle dit geniet het,” voeg Che by.

Weens die erfenis wat met die Warehouse-teater gepaard gaan, moes hulle seker ‘n vorm van druk uit die publiek aanvoel? Mense wou natuurlik weet wat met die geliefde Warehouse-teater gaan gebeur.

“Ironies genoeg het ons geen druk van die publiek gevoel nie. Die geskiedenis en erfenis was vir ons net so belangrik. Ons wou nie dit verlore laat gaan nie.”

“Die idee was om weer eenheid onder Namibiërs te skep.” En dis presies wat hulle gedoen het.

The Brewers Market het sy deure oopgemaak vir ou gesigte, maar ook nuwe aanhangers gelok.

Regstreekse musiekoptredes is ‘n element wat The Brewers Market-span baie na aan die hart lê.

“Ons was eenvoudig uit die veld geslaan met die talent wat binne ons land se grense is. Die sangers en musikante wat ons genader het om op te tree, is ongelooflik. Ons is so verheug om vir hulle weer ‘n platform te bied waar hulle hulself kan wees en hul talente kan deel,” sê Megan.

“Ons wil hê mense moet net hulself wees. Dis ‘n veilige plek sonder oordeel.”

Vir diegene wat van kos en lekkernye hou, is The Brewers Market net vir jou.

“Ons het elke Saterdag ‘n markie. Dis beteken ons kry addisionele kosstalletjies in. Daar is verskeie permanente stalletjies wat tans by ons gehuisves word, maar Saterdae bars die mark uit sy nate.”

Die voormalige teater, wat een van die grootste trekpleisters in die vermaaklikheidsbedryf van Namibië was, het ook nou ‘n nuwe jas aan.

“Ons wil nog so baie in die teater doen. Of jy nou ‘n kunstenaar, ‘n rapper, joga-instrukteur, kunsterapeut of dies meer is, ons wil vir julle ook ‘n platform skep. Dit gaan nie net oor musiek nie,” sê Megan.

“Ons is opgewonde oor die potensiaal van die teater,” voeg Che by.

“Tans bied The Brewers Market elke Maandag quiz nights aan, Dinsdae is dit karaoke, Woensdae Spoken Word, Donderdae regstreekse musiekoptredes en dan ons gewilde familiemark op Saterdae.”

Vir die jongspan is daar ook ‘n speelarea waar ’n verskeidenheid aktiwiteite aanbied word. Daar is selfs iemand wat na die kinders kyk as mamma en pappa eerder by die grootmense wil sit.

Iets wat ‘n groot hartseer en leemte vir Namibiërs was, is nou die toekoms van talent, vaardighede en ware Namibiese oorspronklikheid.

Gaan ondersteun The Brewers Market.

Miskien het jy ‘n niggie wat mooi dans, ‘n kind wat toe-oë kan skilder, ‘n broer wat kan sing, ‘n vriendin wat potte bak dat die biesies bewe of ‘n oom wat mense kan laat lag. Waar gaan hulle bietjie kan afshow? Ons het The Brewers Market nodig. Dis meer as net ‘n markie. Dis deel van ons erfenis.

Volg The Brewers Market op Facebook en Instagram om op hoogte te bly van geleenthede en ander inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.3 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.30/OZ UP +1.04% | Copper US$ 4.86/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 987.50/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 82.78/BBP DOWN -0.0047 | Platinum US$ 1 054.76/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.3 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.30/OZ UP +1.04% | Copper US$ 4.86/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 987.50/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 82.78/BBP DOWN -0.0047 | Platinum US$ 1 054.76/OZ UP +1.05%