’n Bietjie vrede en meer bederf
Yolanda Nel – Wat is jou go to bederf? Dalk 'n beker warm koffie of tee, op jou eie, by jou huis of in 'n koffiewinkel. Dalk geniet jy 'n lekker leesboek as almal reeds in die kooi is.
Ek? Ek klim in 'n bad vol borrels, met ja, 'n beker tee en wag vir dit, 'n sny koek.
Want hoekom dan nou nie?
Jy verdien dit. Ja, diegene wat hier lees, ek weet jy verdien dit.
Hoewel ek jou nie ken nie, sien ek jou raak. Die mamma in die winkelsentrum wat haar kroos probeer beheer. Die sakke onder haar oë is Prada, maar ongelukkig nie so eksklusief soos mens sou hoop nie.
Sy besef nie die omvang van haar moegheid nie, maar sy druk deur met 'n glimlag op haar gesig. Hoewel dit binne haar skree.
Ek sien ook die pappa, verward en oorweldig in die doeke-afdeling.
"Wat weeg sy," wonder hy hardop en is heel onkant gevang met die vervaldatum op die pak doeke.
Selfversorging, of self-care soos die Engelsman sal sê, is van kardinale belang.
Ons is so besig om seker te maak almal rondom ons is gevoed, gebad en aangetrek, ons vergeet soms om 'n slukkie water te vat. Ons vergeet soms om self te eet.
Maar wanneer ons na onsself kyk en vir onsself omgee, is dit makliker om vir ander om ons te gee en ons energie mee te deel.
So gaan drink jou koffie, vang op met ’n vriendin en bederf jouself en as jy klaar is, gun dieselfde vir jou naastes. Bied aan om na jou vriendin se kroos vir ’n uur of so te kyk. Maak vir jou wederhelfte ’n beker koffie sonder dat hulle daarvoor vra. Help die las ligter maak.
Kom ons skuif mekaar se kroon reg en hou op kritiseer. Hou op vra wanneer die babavet verloor gaan word. As jy die kringe onder my oë sien, moenie kommentaar lewer nie. Ek is baie bewus daarvan, maar al die grimering in die wêreld kan my nie daarmee help nie. So bied eerder aan om te help. Kom ons maak seker dat oormoegheid, stres en oorwerk nie ’n alledaags in ons samelewing word nie.
Dit moet nie ’n kompetisie wees om te sien wie sit meer ure in ’n raadsaal en minder ure saam met jou kinders by die huis nie. Die Here vra nie vir ’n bankstaat aan die einde van jou tyd nie. Hy wil nie weet hoeveel geld jy vir jou werkgewer gemaak het nie. Daar is nie ’n skaal by die hemelpoorte nie. Jy het nie die perfekte bikinilyf nodig nie.
Wees vir mekaar lief, vul mekaar aan. Wees beter mense. Hartsmense.
My bad is getap en my stuk koek wag. Wat maak jy vanaand?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie