u2019n Ambisieuse roman deur u2019n meester-storieverteller
u2019n Ambisieuse roman deur u2019n meester-storieverteller

’n Ambisieuse roman deur ’n meester-storieverteller

Lloyd Zandberg
Joan Hambidge

Salman Rushdie is een van daardie begenadigde skrywers wat jou met elke roman verbaas.

In elke roman herontdek hy die grense van waarheid en fiksie. Sy enorme verbeelding en spel met fundamentalisme het hom duur te staan gekom. The Satanic Verses in 1988 het gelei tot ’n fatwa; die Britte het hom etlike jare lank met polisiebewaking beskerm.

Die Moslem-gemeenskap het nie goed op sy roman gereageer nie en ondanks kritici se geskrifte wat die postmodernistiese aard en fiksionalisering uitgewys het, was hierdie gemeenskap ontstoke en het die boek as blasfemies ervaar.

Midnight’s Children (2008) word beskou as die “Best of the Booker”.

Met The Golden House wat pas verskyn het, is sy verteller ’n aspirant-rolprentmaker, René Unterlinden, ’n voyeur wat die storie van Nero Golden vertel.

Hy is jonk (iewers in sy 20’s) en die seun van gestorwe Belgiese akademici. Hy is erg suspisieus oor Golden se verlede en die dood van sy vrou. Was dit ’n terrorisme-aanval in ’n hotel? Hy hou sy siening vir homself, want hy beoog ’n fliek, ’n riller, met sy bure daarin.

Golden is ’n eiendomsmagnaat in New York. Hier woon hy met sy drie kinders en neem as immigrant Manhattan aan as sy nuwe tuiste; sy drie kinders kry Romeinse name. Die verteller betree die ruimte op ’n voorspelbare manier om meer te wete te kom. Daar is spermskenking en alles wat daarmee gepaard gaan.

In die VSA kan ander identiteite aangeneem word: ons dink hier aan die Belg Paul de Man, die dekonstruksie-kritikus se politieke verlede en sy nuwe lewe in die VSA. Sy Blindness and Insight speel hier in op die teks, nes Hitchcock se Rear Window, met René as afloerder.

Rushdie gebruik die politieke agtergrond van die VSA, en as die weldoener-staat. ’n Mens kan nie anders met al die rolprentverwysings as om twee belangrike tekste in te lees nie, te wete Francis Ford Coppola se belangrike Godfather-flieks (deel I het in 1972 verskyn) en die outobiografie van Francois Truffaut in gesprek met Alfred Hitchcock wat in 2015 verskyn het as Hitchcock/Truffaut (regisseur Kent Jones).

Die Corleones is hier sterk aanwesig in die impak van familieskap en verraad.

Die 'greening of America' het sedert 9/11 in ’n nagmerrie verander– en nou met Trump bykans as ’n groteske karakter...

Die “greening of America” het sedert 9/11 in ’n nagmerrie verander– en nou met Trump bykans as ’n groteske karakter uit ’n Don DeLillo-roman soos Underworld (1997).

Rushdie gebruik sowel Griekse mitologie as Indiese verhale en fabels uit die Shaivisme.

In hierdie roman word veral identiteit en die politiek daaromheen ondersoek. Indië, verneem ons, het nog altyd androgeniteit begryp. Die moderne kwessie van naamgewing word beskryf: ze, ey, hir, xe, hen, ve, ne, per, thon, Mx.

Met thon as ’n kombinasie van daardie en een.

New York self word ’n stad vol verlore verhale, en die leser dink aan al die mitologiese vergestaltings in verse rondom die Brooklyn-brug.

Waarskynlik is hierdie ambisieuse roman ’n antwoord op Tom ­Wolfe se Bonfire of the Vanities (1987), daardie uitgesponne satire oor klas, ras en gierigheid. Rushdie vat dit verder en doen dit beter. Ons is nou in die era van gender-kwessies (performing gender, Judith Butler) en wêreldonrus.

Die verwysingsveld is ryk. New York as ’n mikrokosmos waar ’n Achmatowa-digbundel in Columbuspark vergeet word, en Chinese wat kaartspeel, rig die teks verder. The Silence of the Lambs is hier, nes The Hunt for Red October.

Almal vind ’n tuiste hier, tog bly ’n mens ’n ekspat wat murmureer: “The past is a broken cardboard suitcase full of photographs of things I no longer wish to see.”

Die magistrale storieverteller Rushdie laat egter nooit dat sy slimmighede ’n leesversperring raak nie. Hy kan argetipiese patrone raaksien in die wêreld waarin ons ons bevind. Hy verduidelik aanneemlik hoe die Baba Yaga funksioneer.

Terrorisme teenoor die gender-sone: Daar word verwys na die “melancholy void”, die ongeneesbare wond wat New York geword het. MTF en FTM, gender fluid, bigender, agender, trans, genderqueer en ’n sydelingse opmerking dat omdat ons so onseker is, word die spel met identiteit alles.

In ’n briljante vinjet boots ’n hijra (eunug) Michael Jackson na in Mumbai. Alles word nabootsing, net die oorspronklike pyn is outentiek. ’n Beskrywing van genderverandering word raak beskryf.

In die slothoofstuk word David Cronenberg betrek. Die liefhebber van rolprente kry ’n roman met ’n dubbele lading met sowel storieteks as fliekteks, die sogenaamde ­double-entry in rolprentteorie.

Hans Christian Andersen se kortverhaal “Die skadu” word betrek van die man wie se skadu hom verlaat, ’n lewe van sy eie kry, oorneem en dan die werklike man vermoor nadat hy met die prinses getrou het. Dit word die donker ondergrond van die vertelling . . .

Sheppey (1933) van Somerset Maugham oor die afspraak met die dood, wat die man besoek wat dan wegvlug juis in sy dood in, word ook betrek.

Bollywood, die mockumentary, Batman . . .

En Vasilisa wat hierdie baboesjka van ’n roman simboliseer: ’n poppie binne-in ’n poppie.

Wat ’n vertelling, wat ’n boek.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%