Mynbou hervat met mening

Corona-inperkings verslap

19 May 2020 | Sakenuus
Augetto Graig



Die ministerie van myne en energie verwag die meerderheid van die land se groot myne moet deur die huidige fase van inperking volle produksie hervat, sê die ministeriële woordvoerder, mnr. Andreas Simon.

Die meeste gesondheidsmaatreëls wat in reaksie op die uitbreek van Covid-19 ingestel is, moet ook voortduur, sê hy.

Beperkings in mynbou is deur president Hage Geingob ingestel met die aankondiging van 'n landswye noodtoestand op 17 Maart, asook die eerste fase van die nasionale inperking vanaf 28 Maart tot 5 Mei. Die inperking is nou in sy tweede fase en sekere beperkings is verlig.

Myne het die spesifieke voorsorgmaatreëls wat hulle toepas, vir goedkeuring by twee ministeries (mynbou asook gesondheid en maatskaplike dienste) ingedien. Verskeie mynpersele is besoek en inspeksies is uitgevoer vir verifiëring, leiding en konsultasie, sê Simon.

“Ongelukkig kon die ministerie nie al die myne besoek nie, maar die gesamentlike poging deur die ministeries en die myne het tot toepaslike maatreëls gelei om die verspreiding van Covid-19 te bekamp. Hierdie proses duur gedurende die noodtoestand voort,” sê hy.

Volgens hom beplan die regering verrassingsbesoeke by myne tot die einde van die noodtoestand, wat nog tot September strek.

Volgens Simon is sommige myne hard getref deur die virusverwante inperking, terwyl ander net gedeeltelik geraak is.

“'n Paar kleiner mynbou-operasies, veral klipmynondernemings (betrokke by marmer, graniet, kalksteen, sandsteen en leiklip) het hul operasies geheel en al gestaak.

“Ons sien die Husabmyn, Walvisbaai Salt and Chemicals, De Beers Holdings en Dundee Precious Tsumeb het redelik goed gevaar deur hierdie vreeslike tyd,” sê hy.

Volgens mnr. Mark Hoffmann, 'n kenner van klipmynbou, was die swaarste slag vir die bedryf nie die staking van mynboubedrywighede nie, maar eerder die beperkings op internasionale reise.

Hy sê die hoofmark, byvoorbeeld vir Namibiese marmer, is internasionale kopers, wat fisies die land moet besoek om oor bestellings te besluit.

“Hulle kan nie 'n klipblok kies sonder om dit self te sien nie. Dit is soos die koop van 'n mode-item. As ons hierdie maand myn, sal die bondel blokke baie verskil van laas maand of volgende maand se blokke. Wat gekoop word, moet by die argitek se ontwerp en die betrokke bouprojek pas,” sê hy.



VERLOOR BUITELANDSE MARKTE

Sodra reisbeperkings dit moeilik maak om 'n steen se gehalte te verifieer, sal groot en belangrike bouprojekte spoedig vir Namibiese stene verlore raak ten gunste van verskaffers wat makliker bereik kan word en goedkoper vervoerkoste bied, sê Hoffmann.

Hy sê klipmynondernemings in Namibië gaan reeds die laaste twee tot drie jaar deur moeilike tye omdat die internasionale mark baie kompeterend is, en omdat Namibië ver van sy mark geleë is, in vergelyking met byvoorbeeld Turkye, Italië, Griekeland of Pole.

Ander lande bied aansporings om hul klipprodukte meer kompeterend te maak, maar hierteenoor het Namibië onlangs nuwe uitvoerheffings ingestel, sê hy.

Mnr. Boeta van Niekerk van Granite World Namibia, wat granietblaaie sny, stem saam dat die bedryf 'n “helse knou” weg het.

“Myners kry swaar. Almal moes toemaak en uitvoere is stopgesit,” vertel hy. “Hier staan 'n magdom graniet wat ons nie kan uitvoer nie, selfs nou nog nie,” sê hy.

Volgens Van Niekerk is daar vir sy besigheid hoop, want sy kliënte in Suid-Afrika en Europa soek steeds die produk. “Mense sal nog blaaie koop, net miskien twee maande later. Hulle soek dit,” sê hy.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Beweerde aanrander vry op borg

8 ure gelede | Howe

Jeanette Diergaardt – Mnr. Samuel Shikale, wat na bewering ’n vroulike winkelassistent Sondag by Pick n Pay Mega Centre in Klein Kuppe aangerand het, is...

Britte bring grendeltyd op Kalahari-duin deur

8 ure gelede | Gemeenskap

Ronelle Rademeyer – As dit nie vir die Covid-19-pandemie en die wêreldwye inperkingsmaatreëls was nie, sou ’n Britse egpaar nou al halfpad deur Afrika op...

Air Namibia kan vlieg ná nagtelike interdik

8 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – Air Namibia kon Woensdagnag daarin slaag om in die hoërhof in Windhoek ’n tussentydse hofbevel te kry wat die Vervoerkommissie van Namibië...

Okahandja se water lol weer

8 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die uitvoerende hoof van die Okahandja-munisipaliteit, me. Martha Mutilifa, het die afgelope week erken die tuindorp gaan opnuut gebuk onder waterprobleme.Dít kom...

Nog 20 gevalle vir Walvisbaai

8 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht Namibië se aantal bevestigde Covid-19-gevalle het gistermiddag op 615 gestaan, nadat nog 22 gevalle die afgelope 24 uur in die land aangeteken is....

Weer vir 10 Julie 2020

8 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Baie koue, winderige en reënerige toestande word in die ||Kharas-, Hardapstreek en westelike plato verwag. Yskoue weer sal Saterdag oor die sentrale en oostelike...

LPM vaar uit teen ‘Animal Farm’

8 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Landless People’s Movement (LPM) sê by monde van sy nasionale woordvoerder, me. Sade Gawanas, die manier hoe daar op kritiek teen...

Vegter vir robbe

8 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause – “Ons sit met ’n reuseprobleem. Ons moet iets doen en vinnig ook,” sê Naude Dreyer, die man agter Ocean Conservation Namibia (OCN)....

Honde trek menige wildstropers vas

8 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg Die vyf honde wat in 2017 deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme ingespan is om met teenstropery te help,...