'Myn met 'n gewete'
Jo-Maré Duddy – Die verlede se mynbou het vir ‘n nalatenskap van hoofsaaklik plundering gesorg. Daar was ook hier en daar ‘n positiewe nalatenskap, maar dit was die uitsondering.
“Uitsonderings is nie langer aanvaarbaar nie,” het mnr. Mark Dawe, ‘n veteraan in plaaslike mynboukringe en ‘n voormalige president van die Kamer van Mynwese in Namibië, vanmiddag tydens ‘n Business7-praatjie gesê. Dawe, ook die besturende direkteur van B2Gold Namibia, het in sy persoonlike hoedanigheid as spreker opgetree.
“Myn met ‘n gewete,” het Dawe gesê.
Mynmaatskappe moet nie net die omgewing bewaar nie, maar ook in die plaaslike gemeenskap terugploeg.
“Daar is geen neem sonder om te gee nie,” sê hy.
Mnr. Hein Boegman, uitvoerende hoof van PwC in Afrika, was die ander spreker tydens die geleentheid.
Boegman het onder meer na regulatoriese onsekerheid verwys en gesê dit is ontmoedig beleggers geweldig.
Die Kamer van Mynwese in Namibië het vandeesweek sy jaaroorsig vir 2016 vrygestel waarin na onder meer die onsekerheid rakende NEEEF en ander regeringsbeleid as groot struikelblokke vir belegging verwys is.
Business7 se praatjie met die Mynbou Ekspo saamgeval.
Republikein sal volgende week volledig oor Dawe en Boegman se praatjies berig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie