My Zone What’s Cooking
Pure pamperlang by die Pantry
Of dit nou ‘n verjaardagviering is of ’n vinnige iets om aan te knaag, ‘n besigheidsvergadering of ’n luilekker kuier met vriende of ‘n koue goue ná werk, die Pantry by Avani is die plek.
Met die ideale ligging en atmosfeer het jy geen ander keuse as om te gaan loer wat dié restaurant jou alles bied nie.
Die My Zone What’s Cooking-span het by die Pantry gaan inloer om te sien waaroor die bohaai gaan.
Met die eerste oogopslag lyk die plek deftig. En dit ís. Dis immers ‘n restaurant by een van die luuksste hotelle in Namibië. Met skoon, moderne afwerkings, voel mens dadelik dis ’n eer wat jou te beurt val om dié plek binne te loop.
Die personeel is netjies, vriendelik en kan nie wag om jou te bedien nie – en goeie diens bly maar ’n goue ster in almal se boekie.
Hulle is besonder hulpvaardig en doen alles in hul vermoë om jou besoek so aangenaam moontlik te maak.
Sodra jy in een van die baie gemaklike stoele plaasgeneem het, kan jy die energie van die stadsgewoel in ’n laer rat inasem.
Die Pantry se spyskaart is indrukwekkend. Daar is régtig iets vir almal – van hoendervlerkies, pasteie en ’n behoorlike steak tot Asiese kookkuns en alles tussenin.
Te drinke is bier uit die vat, van die beste koffie in Namibië en ‘n groot verskeidenheid eksotiese skemerkelkies.
Wat die Pantry uniek maak, is dat jy in die middel van die stad sit, maar jy voel ver verwyderd van die gedruis en geskarrel.
Die Pantry is ‘n móét vir almal.
Dit is oop van 06:00 tot 22:00 en is in Onafhanklikheidsrylaan 129 in the Gustav Voigts-sentrum.
DIE PANTRY-SJEF
Naam: Curt Maurice Burns (34)
Ervaring: My loopbaan het in 2005 afgeskop toe ek my basiese sjefvaardigheidsertifikaat aan die Polytechnic Namibia verwerf het. In dieselfde jaar het ek by die Swakopmund-hotel en -vermaaksentrum as leerlingsjef aangesluit en tot Mei 2006 daar gewerk.
In 2006 het ek na Windhoek verhuis en verder aan die Namibiese Instituut vir Kookkuns (NICE) gestudeer en is later tot sous-sjef bevorder. In 2010 het ek by die MediClinic in Windhoek aangesluit, waar ek 'n spysenier-toesighouer was en moes toesien dat pasiënte die regte dieet volg.
Ek het hier baie geleer oor spesiale dieetbehoeftes, wat waardevol was, aangesien nie net hospitaalpasiënte spesiale diëte volg nie, maar ook restaurant- en hotelkliënte.
In 2014 het ek by Hotel Thule in Windhoek as sous-sjef begin werk en is later as hoofsjef aangestel. Daarná het ek ‘n pos as sous-sjef by die Avani Hotel en Casino aanvaar en is hier tot uitvoerende sjef bevorder.
Ek was ook deel van die span wat die Pantry verelede jaar op die been gebring het.
Gunstelingdis:
Ons beesstert- en lamskenkelkerrie is baie gewild, asook ons vars oesters.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie