‘My vyande wil my in tronk sien’ – Zuma
Die probleme van die Suid-Afrikaanse staatshoof kom al ‘n lang pad, maar die naweek was dit amper neusie verby vir sy politieke loopbaan.
Nadat hy ’n ongekende aanslag op sy leierskap van die ANC oorleef het, het pres. Jacob Zuma aan sy party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) gesê om sy amp neer te lê, sou beteken hy gee homself oor aan die vyand – iets wat hy nooit sal doen nie.
Zuma het die NUK toegespreek na ’n uitmergelende stryd oor drie dae oor of hy die trekpas moet kry, nadat Derek Hanekom, minister van toerisme, ’n mosie van wantroue teen Zuma ingestel het.
Die vergadering, wat Sondag ten einde moes loop, is uiteindelik uitgestel tot Maandag omdat konsensus nie bereik kon word deur die party se hoogste besluitnemingsliggaam, of Zuma moes bly of gaan nie.
“Die president het vir ons gesê hy sal nooit uittree nie, omdat dit so goed sal wees asof hy hom aan die vyand oorgee,” het ’n NUK-lid aan News24 gesê.
“Hy het gesê daar is mense wat hom in die tronk wil sien, en dat hulle nie gaan ophou (voor dit gebeur) nie.”
Zuma staan voor sy ergste stryd nóg in die party.
Minstens drie van sy ministers (Hanekom, Thulas Nxesi en Aaron Motsoaledi), met die steun van senior NUK-lede, eis dat hy bedank.
Na wat berig word, steun Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, ook die anti-Zuma mosie.
’n Bron het aan News24 gesê planne vir die mosie het al ’n paar weke gelede posgevat, maar die getalle wat dit steun was laag.
Zuma het aan die NUK gesê pogings om hom te onttroon, kom al ’n lang pad, sover as die voormalige president Thabo Mbeki se termyn.
Mbeki het Zuma op 14 Junie 2005 as adjunkpresident van die land afgedank – enkele weke nadat Zuma betrek is by die korrupsie en bedrog van sy vorige finansiële raadgewer, Schabir Shaik.
“Die president het vir ons gesê hierdie pogings kom al ’n lang tyd aan, en dat hy sal uittree as hy die probleem is. Maar Nkandla, korrupsieklagtes en die sogenaamde spioenbande is geskep deur die vyand,” het die bron in die NUK gesê.
Zuma moes R7,8 miljoen aan die staat betaal vir verbeterings aan sy huis in Nkandla, na ’n beslissing deur die grondwetlike hof dat hy versuim het om die Grondwet te onderhou.
Hy het aanvanklik nie die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, se aanbeveling dat hy ’n deel van die geld terugbetaal, nagekom nie.
’n Bron binne die NUK sê daar is nie gestem oor die mosie nie, aangesien die Zuma-ondersteuners “alles uitgehaal het” om hom te verdedig.
Hulle voel hulle is in ’n “hinderlaag” gelei omdat hulle ’n idee gehad het dat die mosie ingestel sou word nie.
Maar Maandag het hulle gesê hulle het die “lang sprekerslys oorheers”.
Nomvula Mokonyane, minister van waterwese, het na berig word die mosie teengestaan, terwyl Max Sisulu, voormalige speaker in die parlement, aangedring het dat ’n konsultatiewe ANC-konferensie gehou moet word.
Aanduidings dat Zuma die stryd sou wen, het Maandagmiddag duidelik geword toe hy die NUK-vergadering verlaat het om pres. Yuweri Museveni van Uganda te ontmoet. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie