My vriend, Twakkie (2)
DIRK VAN ZYL SKRYF:
Wat doen ek vir my vriend, Twakkie?
Ek koop dit, afgesien van die koste daaraan verbonde. Ek staan op vir my rookgoed, verdedig dit en word kwaad as mense my rookgoed en gewoonte afbreek.
Ek sal dag of nag moeite doen; selfs die weer trotseer om my twakkie te bekom.
Ek sal gewelddadig teen my vrou en kinders optree as hulle vergeet het om my rookgoed te koop. Hulle weet my rookgoed staan bo-aan die inkopielys, al is dit die laaste geld wat daar is.
Dis geen moeite vir my om my rookgoed saam te dra nie. Dis die eerste wat ek vat. As my hande en sakke vol is, sal ek die Bybel los, maar die rookgoed moet saam.
Ek sal vir my rookgoed ’n mooi en duur houer koop. My twakkie het ’n gereserveerde plek op my bedkassie. Ek bewaar dit soos goud en my oë is altyd daarop gerig— ek moet dit beskerm. Ek sorg dat dit nie nat word nie en sal ure daarna soek as ek dit nie sien nie. My vrou sal moet saam soek.
As die nood druk, tel ek sommer ’n stompie op. Ek gee nie om wie dit gerook het nie; dink nie aan siektes nie; ek moet rook.
My vroy weet sy mag niks sleg oor my twakke sê nie.
Ek sal uit die kerk, fliek of enige geselskap loop as ek met my twakkie wil verkeer. Ek is nie skaam om met my sigaar, sigaret of pyp in die mond te staan of loop nie, want ek is lief vir my vriend.
Ek is ’n onderdaan en ’n voorstander van die rookgewoonte. Ek besef dat ek die dokter en apteker verryk - maar solank ek net kan rook, gee ek nie om as ek kanker kry nie. Ek sien nie kans vir die afskeid nie.
PS: Ek rook nie. Ek het gerook, maar verseker u dis baie aangenamer om nie te stink en beskinder te word nie.
Dis beter om u geld op iets te gebruik wat alom waardeer word. En dis lekker om gemaklik asem te haal en nie te sit en versmoor nie.
'n Mens is sterk genoeg om die gemors te los. Jy word geëer vir jou opstaan, nie vir jou bly lê nie.
Dis lekkerder om met feite te kommunikeer as om te sê: “Ons is almal een dood skuldig, wie wil nou met gesonde longe sterf? Dis my liggaam, en my geld en ek sal rook as ek wil rook. Dis nie ’n kuns om die rook te los nie, ek sal nou hierdie sigaret uitdoof, en nooit weer rook nie, maar ek wil nie die rook los nie."
Ons ken almal daardie spookstories. Ons het dit almal probeer. En selfs die wat in spoke glo, glo daardie stories hoeka nie meer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie