My vrae aan die direkteur
My vrae aan die direkteur

My vrae aan die direkteur

Mandy Rittmann
Oud-opvoeder skryf:

Ek reageer op die brief "Direkteur reageer op aantygings" in die uitgawe van 18 November 2016.

Die direkteur van die //Kharas-onderwysstreek het myns insiens weereens sy voorspelbaarheid bewys deur op die onlangse SMS-boodskap aan Republikein te reageer. Soos gewoonlik sit hy, met sy blitsige respons, wat my betref die pot heeltemal mis.

Die inhoud van die SMS is geensins ‘n beskuldiging dat die direkteur homself verryk met wederregtelike reis-en-verblyfeise nie. Almal, insluitend die outeur van die SMS, weet dat hy die nodige toestemming sal kry en die uitgawe verder sal motiveer met die toepaslike dokumente.

Hyself is so oortuig van die korrektheid van hierdie administratiewe handeling dat hy dapper genoeg is om ‘n ondersoekspan na die streek te nooi. Maar dit is nie hoe ek hierdie en ander die SMS-klagtes lees nie.

Die outeur van die SMS bevraagteken nie die geldigheid van die eise nie, maar twyfel of dit positief tot effektiewe bestuur en die kwaliteit van onderwys bydra. Is daar enige aanduiding dat sogenaamde beplanningsessies in die Noord-Kaap enigsins positief impakteer op leer en onderrig in //Kharas?

Voeg eindelose besoeke aan skole, die bywoning van funksies by skole en begrafnisse van onderwysers - op staatskoste? - waarde toe tot onderwys in //Kharas? Die antwoord is volgens my sonder twyfel nee.

Die direkteur behoort, as ‘n ingeligte onderwyskundige, te weet reis-en-verblyfeise, die bywoning van kultuurfeeste in Pella en Augrabies, deelname aan beplanningsaksies in en saam met die Noord-Kaapse onderwysdepartement, om totsiens te gaan sê vir onderwysers wat aftree en die bring van ‘n laaste huldeblyk aan ‘n onderwyser wat heengegaan het, is nie aanwysers van die kwaliteit van onderwys nie.

‘n Mens wil nie hardvogtig teenoor hierdie sake staan nie, maar hulle is definitief nie sulke aanwysers nie.

Die direkteur moet aanvaar dat skole nie effektiewe onderrig en leer kan laat gebeur sonder goeie toesig deur sy kantoor nie. Hy moet fisies op kantoor wees en weet dat sy personeel (professionele en administratiewe personeel) die nodige steun aan die skole gee. Hy moet oortuig wees dat die streekkantoor goeie en effektiewe diens aan personeel verskaf.

Die swak graad 10- en 12-uitsale sowel as die klagtes van diensdoenende onderwysers bring mens nie onder sodanige indruk nie.

Monitering en beheeruitoefening is twee van die direkteur se belangrikste take. Hy moet altyd daarvan verseker wees dat die sisteme wat in werking gestel is om die skole te ondersteun, werk. Hy moet weet dat die bronne (geld, personeel en tyd) tot sy beskikking gestel effektief aangewend word.

Hy moet die uitleg van sy begroting so bepaal dat elke sent sy eie nis vind.

Hy kan onmoontlik daardie sekerheid hê as hy gedurig op pad is.

Verder is daar nog ‘n vraag wat te make het met onderwys in //Kharas wat beantwoord moet word. Hoe kan die stelsel deursigtig wees as die gemeenskap nie ‘n aandeel daarin het nie?

Die Onderwyswet skryf duidelik voor dat daar ‘n Onderwysforum (Education Forum) in elke streek gestig moet word. Indien hierdie bepaling geskrap is, moet die direkteur die publiek sodanig inlig anders behoort hy die afwesigheid daarvan te verduidelik.

Wat die direkteur se uitnodiging aan die onderwysministerie ten opsigte van ‘n ondersoek betref. Ek wil nie voorbarig wees nie, maar ek wil hom hierin ondersteun.

Maar die terme vir so ‘n ondersoek wat hy in sy skrywe noem (voorafverkrëe toestemming en toepaslike dokumentasie) sal niks verduidelik nie. So ‘n ondersoek moet vra of die uitgawes vir reis en verblyf bydra tot effektiewe streeksbestuur en kwaliteit onderwys in die skole. Dit behoort die verwysingsraamwerk vir sondanige ondersoek te wees.

Ek vertrou dat die owerhede aan hierdie versoek sal voldoen.

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%