My volgende waterrekening . . . ek wil eintlik
Dit was Sondagoggend, of miskien die middag, toe ons agterkom daar is nie water in ons huis nie.
Ons waterrekening is betaal, dit weet ek. Of nader aan die waarheid, ons is nie só ver agterstallig dat dit die probleem behoort te veroorsaak nie.
Kyk op ons kompleks se WhatsApp-groep of enigiemand anders dieselfde probleem het. Ja, inderdaad.
'n Pyp het gebars, hoër op in die straat. Water stroom in die straat af en verdwyn in die afvoergate in.
'n Huis sonder water is 'n pyn in die nek. Die eerste dag kan nog so half gaan. Maar so word dit Maandagoggend, en raai wat. Ek en vroulief moet beide by die werk aanmeld. En soos Kaptein Ooglopend reeds geweet het, het die herstelwerk teen die droogte nie op die Sondag gebeur nie.
Elke kraan in die huis word aan die toets onderwerp. Warm kraan in die kombuis gee op sy beste so 'n mismoedige klein straaltjie. Koue kraan, niks behalwe 'n droë kuggie nie. Dankbaarheid word opnuut tuisgebring.
Om 'n lang storie kort te maak, bottels gesuiwerde water bedoel vir menslike inname word nader gehark om as badwater te dien. Persoonlike higiëne in 'n kantooropset is mos 'n sterk aanbeveling in die hedendaagse samelewing.
Die werkdag begin. Gewoonlik is my aangetroude huismaat voor my terug by die huis. Sy kook gou 'n aandete, want sy het 'n kuierplan by die pastoor en sy vrou.
Gedagtig aan die stand van sake tuis, bring sy op pad terug 'n paar bottels water van daar af saam.
Dis al donker toe ek vir haar die foonboodskap stuur dat ek op pad huis toe is. Sy antwoord: “Ek vra by voorbaat om verskoning.”
Vir wat, wil ek weet.
Kom kyk maar as jy tuiskom, is al wat sy verklap.
Die “geleende” bottels water staan almal buite die voordeur toe ek daar aankom.
So ontvou die knoop van die verhaal. “Iemand” het die kraan in die kombuis wáááwyd oop gelos; die prop is in die wasbak gedruk en die toevoer is intussen herstel.
Toe sy tuis kom, toe kom die watervalletjie al by die voordeur uit, vertel sy.
Vroulief lê al voor die televisie en sê sy is al lekker uitgeput van al die water wat sy reeds opgevee het.
Trap versigtig, dis nat.
Ek mag haar nie beskuldig nie. Ons gaan mekaar glad nie beskuldig nie, sê sy met haar (van nature) onskuldige gesiggie. Want ons het mos nie vingerafdruk-bewys van wie die kraan oopgelos het nie.
Inderdaad beskuldig ek haar nie. Dis vergete en ons praat nie weer daaroor nie. Al weet ek daar is net één inwoner wat altyd vergeet om die yskas se deur toe te maak.
(As Afrikaanse leser, wat sy nie is nie, kan jy maar die “altyd” onderstreep. Maar verder moet jy jou mond hou, tensy jy wil hê ek moet vanaand jou huis kom afbrand. Ek weet waar jy bly).
So tussen alles deur probeer jy 'n aanduiding kry hoe lank dié petalje geduur het en jy maak rofweg in jou kop geldsommetjies wat nie eintlik antwoorde kry nie.
Jy wonder ook of iets moontlik kon gebeur het wat die saak nog 'n bietjie erger kon gemaak het – soos as die wasbak dalk nog so halfvol vetterige skottelgoedwater was soos ons dit gisteraand gelos het.
Die ingeboude kombuiskaste van die vorige huiseienaar het nog nooit mooi gelyk nie en ons wou dit al lankal vervang het, as ons net 'n los geldjie gehad het. In die huisuitleg is al die nattigheid ten minste tot die kombuis en die voorportaal en miskien die plantjies by die voordeur beperk. Ten minste het die sitkamer se mat en meubelstukke heeltemal droog gebly.
'n Irriterende deel van die opruimingsaksie is elke keer wat jy in jou kop daai vent van die Verimark-advertensie se stem hoor: “Is jy nog een van daai mense wat jou hande gebruik om water uit 'n mop te wring . . ?”
Om 'n lang storie kort te maak, ek hoop dit was die einde van die onaangename verrassings. Ek wil nie later 'n ekspedisie op tou sit om op 'n binnenshuise muskietplaas af te kom nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie