My pleidooi vir 'n nuwe minister van onderwys
ANONIEM SKRYF:
Vandag wil ek ’n brief skryf aan almal wat nog onderwys op die hart dra.
Ek sweer dat baie oud-onnies sal saamstem met baie goed in die brief.
In die ou dae het jy stappe deurgemaak om op die hoogste vlak, sê maar die hoof van ’n skool, te kom. Jy is nie net gevat om hoof te word omdat jy iemand geken het nie.
Me. Katriena Hanse-Himarwa was hoof van ’n klein plaasskool. Nie dat ek neersien op haar kwalifikasies nie, maar sy word aangestel as minister van onderwys?
Daar is vele onderwysers beter gekwalifiseerd as sy, maar sy is nou hulle baas. Waar kom sy aan al die bollie wat sy nou by onderwys inbring? Lê sy saans en droom en môre maak sy dit ’n wet? Almal moet net doen wat sy beveel en seker nog vra hoe hoog hulle moet spring.
Sy is geen voorbeeld vir onderwys nie. Sy verskyn in die hof oor beweerde korrupsie. Daar was ook die gordynstorie en sy het 'n man met haar hoëhakskoen geslaan. Mense, is dit 'n minister van onderwys wat sulke dinge doen?
Die heiland weet. Sy is nie waardig om so ’n edele posisie te beklee nie. Ons onderwysers is trots op ons beroep, maar nie op haar nie. Nooit ooit!
In die nuwe stelsel sal kinders nou net graad 11 hê. 'n Kind kan kan graad 12 doen as hy of sy universiteit toe wil gaan. Die minister besluit vir ouers en kinders wat hulle moet doen.
Ons is al amper aan die einde van die eerste trimester en skole het nog niks van die regering gekry nie. Ouers verkeer onder ’n wanindruk wat by skole aangaan. Onderwysers kry swaar om hul daaglikse take te doen.
Ouers moet vergaderings by skole bywoon, sodat hulle weet wat aangaan. Maar nee, hulle doen dit nie. Die minister sorg glo vir hul kinders by die skole.
Vra raad by mense soos Kleinhans, Isaacs, Walter Nell en Gerhard Ensle. Hulle het geweet wat in onderwys aangaan. Trots is ’n goeie eienskap, maar as jy nie weet nie, vra vir raad.
Nog iets wat pla, is wanneer twee poste beklee word. Een van die poste kry nie genoeg aandag nie. Vat nou maar vir me. Esmé Isaaks en die agbare Burgermeisie van Rehoboth. Nie die dorp of skool toon vooruitgang nie.
Die president is ’n regverdige man. Hy luister na raad. Kan ons nie hom ook na ons klagtes laat luister nie?
As ek so baie vernederings in koerante moet lees oor my, het ek al hoeka bedank.
Meneer die president, skop vir Katrina uit. Dit sal dan dalk beter gaan met onderwys.
Die ou mense sterf uit, so die jongelinge moet die land verder regruk.
Ons pleit by u, meneer die president.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie