'My pa kon nie die botsing vermy'
Die verhoor van 'n man wat op ses moordklagte teregstaan, is gister in die Swakopmund-streekhoof voortgesit.
Jessica Botes - "Daar was beslis geen manier hoe my pa die botsing kon vermy nie, want hy het die die voertuig te laat gesien.
“Dit was te naby en daar was nie tyd om na enige kant van die pad uit te swaai nie."
Dít was gister in die Swakopmund-streekhof die getuienis van me. Antonia (Toni) Klara Joschko (19) van Duitsland wat betrokke was in 'n ongeluk waarin haar hele gesin uitgewis is.
Die ongeluk op 29 Desember 2014 het die lewe van haar pa, mnr. Walter Helmut (48), ma, me. Stephanie Dorothea Schemick (49), en ouer suster, Alexandra (19), 12 km buite Hentiesbaai op die pad na Swakopmund geëis.
Dit word beweer die beskuldige, mnr. Jandré Dippenaar, wat besig was om 'n ander voertuig verby te steek, het teen die Joschko's se aankomende voertuig gebots. Die FJ Cruiser wat Dippenaar bestuur het, het in vlamme uitgebars en sy passasiers was in die voertuig vasgevang. Die ander slagoffers was sy passasiers, mee. Dinah Pretorius (30), Charlene Schoombe (24) en mnr. J C Horn (27).
Me. Antonia Joschko het getuig dat hulle Palmwag Lodge die oggend verlaat het en na Kaap Kruis gery het waar hulle middagete geëet het en na die robbe gekyk het. Van daar het hulle verder suid in die gehuurde Ford Ranger na Swakopmund gereis.
"Op pad na Swakopmund het ek met my suster gesels wat saam met my op die agterste sitplek gesit het. Ek het agter my pa gesit wat bestuur het, en my ma het voor langs hom gesit. Toe ons oor 'n klein bult gery het, het 'n groot wit voertuig skielik reg voor ons kar verskyn," het sy gesê
Volgens Joschko het haar pa geen tyd gehad om te reageer om die botsing met Dippenaar se voertuig te vermy nie, want dit was te naby en het met 'n baie hoë spoed gery.
'MY PA SPAAR MY LEWE'
“Ek voel dat my pa eintlik my lewe gespaar het. Toe hy die kar na die regterkant uitgeswaai het, was die botsing meer aan die linker-voorkant en dit beteken ek was die verste weg van die punt van impak. Vir my is dit die rede waarom ek die dood ontsnap het," het sy getuig.
Volgens Joschko het die Ford Ranger op sy dak omgerol en sy was onderstebo aan haar sitplekgordel vasgevang toe die voertuig tot stilstand gekom het. Nadat sy haarself bevry het, het sy probeer om die deur oop te maak, maar kon nie omdat sy erge pyn in haar arms gehad het, het Joschko gtuig
"Ek het die aandag van 'n omstander getrek wat die karvenster stukkend geslaan het. Ek het omgedraai en my suster langs my gesien. Ek kon net haar hare en hand sien. Ek het haar hand gevat en aan haar gesê dat ons dit sal maak. Dit het egter nie gevoel of haar hand 'n lewende hand is nie," het sy getuig.
PARAMEDICI
Paramedici het net ná die ongeluk op die toneel aangekom en Joschko en die beskuldigde gehelp.
“Die paramedic het eerste na die beskuldigde toe gegaan wat 'n groot wond aan sy been gehad het. Ek het hul aandag probeer trek, want weens die erge pyn in my maag het ek gevoel ek het dringende mediese aandag nodig. Een paramedikus het na my toe gekom, my op 'n draagbaar gelaai en na die ambulans gedra.
"Daar is aan my gesê dat ek moet wag totdat hulle die beskuldigde versorg het voordat ek na die hospitaal geneem kan word. Ek het nie goed gevoel om in dieselfde ambulans saam met die beskuldigde te wees nie, dus het ek gevra of ek gouer kan gaan," het Joschko getuig.
Volgens haar is sy uiteindelik na die Swakopmund-staatshospitaal vervoer toe 'n ander ambulans op die toneel aangekom het. Sy is op dieselfde dag na 'n private hospitaal op Walvisbaai geneem.
TAALPROBLEME
Joschko het verder getuig dat lede van die Namibian polisie haar die volgende dag besoek en haar verklaring afgeneem het.
"Ek het vir hulle gesê dat ek kan onthou, maar daar was heelwat probleme, want ons het gesukkel om mekaar te verstaan. Dit het baie lank geneem en ek het baie gesukkel om aan die polisie die korrekte besonderhede te vertel.
“Dit was vir my belangrik om te vertel wat gebeur het, en dat die basiese inligting in die verklaring is. Ek het deur die verklaring gelees en het 'n paar korreksies gemaak en dit onderteken," het sy gesê.
Dippenaar het verlede jaar onskuldig op ses klagte van moord, roekelose en nalatige bestuur en bedrog gepleit, asook dat hy nie in besit van 'n geldige rybewys was nie. In sy pleitverduideliking het hy beweer dat hy niks van die ongeluk kan onthou nie en niks gedoen het om met opset die ongeluk of die sterftes te veroorsaak nie.
Die verhoor duur tot môre voort, maar landdros Gaynor Poulton het weens tegniese redes die kruisondervraging tot vandag uitgestel. Adv. Louis Botes verteenwoordig die beskuldigde en me. Faith Chipepera verskyn vir die staat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie