My lughawenagmerrie: TV-sokkies, stinkvoete en plooie
My lughawenagmerrie: TV-sokkies, stinkvoete en plooie

My lughawenagmerrie: TV-sokkies, stinkvoete en plooie

Lloyd Zandberg
My ouma het altyd gesê mense wat altyd die sleg in alles sien, kry hangmonde, stinkvoete en plooie tussen hul oë, “en dis nie die moeite werd nie”.

So is ons geleer om die goed in alles te sien, positief te bly en nie dramaties te wees oor klein jakkalsies nie.

Ek beskou myself nie as 'n negatiewe mens nie. En ek is gewoonlik nogal liberaal, eerlik en 92% van die tyd positief, maar gisteraand by 'n plaaslike lughawe was dit vir my moeilik om positief te wees. En ek het moontlik 'n reeks plooie bygekry.

Ek was werklik onkant gevang, en dan vloei die vloekwoorde en emosies.

Ná 'n fantastiese week in Kaapstad, land ek en 'n kollega sowat 20:30 op die lughawe. Ietwat moeg en vodde staan ons in die ry om ons paspoorte te laat stamp. Die hordes mense voor ons vorm 'n naelstring tot by 'n toonbank waar twee mense wat jare laas behoorlik geslaap het ons moet help.

Ongeveer 40 minute later is ons volgende aan die beurt en die moegste een van dié twee wys met so 'n f*k jou-houding ek moet kom. Geen oogkontak. Dit kyk net af en kou die wit waks uit haar bubblegum. Dit klink soos 'n kleuter wat iewers bubble wrap in die hande gekry het. Dié vra vir my paspoort en hoeveel dae ek soek.

Ek sê: “Verskoon my, maar hoe bedoel tannie nou?”

“Nee,” sê sy in 'n Engels wat baie werkwoorde weglaat, “sy gehet nie fokus.”

Pragtige taalgebruik, dink ek.

“Ek is ook moeg,” antwoord ek.

Ek is 'n Namibiese burger, ek hoef nie my dae te tel nie. Nog minder aan te meld. Van waar bel sy?

Woeps! tjap sy my boekie in die middel van 'n silwerskoon blad en ek is deur na die buffet-area waar jy jou tas kry. Geen koffers, prams of toksakke voor ons nie. Dis nou byna 'n uur sedert ons bodem getref het, en hier is nie 'n tas van 'n dag oud nie. Die buffet het nog nie eers begin draai nie. Hoe lank kan dit vat?

Uiteindelik tap die sweet my af, en ons tasse begin een vir een verskyn. Ek proe al die sigaret. Ná nog 10 minute sien ek myne. Sy lê soos 'n dik oom wat by Sun City se Valley of the Waves uitgespoel het – onnatuurlik en verward.

En dan volg die X-straal-verhaal. Die hemel alleen weet hoekom 'n mens jou tas daardeur moet stoot. Met die laaste bietjie energie wat Kaapstad my mee gelaat het, durf ek die home stretch aan.

Tassie ondergaan sy sonar. Anderkant sit 'n oom met een oog, grys wange en 'n hand wat lyk of dit die spitsverkeer op Prieska beheer.

Toe my tas deur is, wys hy terselfdertyd na my, my koffer en die area links van ons.

“You! You go there.”

Goed, sê ek. Haal vir koffer van die sonarbed af, en loop die 3 m na 'n ander area wat ruik of hulle booshede en ander ongesonde rituele saans daar beoefen. 'n Kombinasie van reuke wat wissel van ou potjiekos tot ingroeitoonnaels. Of selfs 'n mengsel van dié twee. Dis om van te kots.

Hier staan nog 'n dame. Sy lyk of sy dalk weet wat sy daar doen. Sy't dieselfde gesigsuitdrukking wat al die personeel het, en 'n geweer op haar love handle. Sy sê ek moet my koffer op die tafel sit en oopmaak.

Ek sê: “Geen probleem, mevrou. Is jy ook naar?”

Terwyl ek my koffer oopmaak, sien ek my goedjies is deurmekaar. En dit wat in die Kaap bo was, is nou onder en dit wat onder was, lê nou regs of op 'n ander plek. My water breek summier. Jy krap nie in my slaai nie.

“Do you have anything to declare?”

Met die krap in my tas besef ek die volgende van my besittings is nie meer waar hulle was nie, en ook glad nie meer daar nie: twee onderbroeke, vyf boksies rook, die helfte van my duur reukwater is gebruik, my Happy Socks (my gunstelingpaar wat ek eintlik net op TV dra), tandepasta en twee lighters is weg. Weens my perfeksionistiese streep en sentimentele benadering weet ek presies waar alles my goed is. En my goed is weg. Die 40 minute-wagperiode begin vir my sin maak.

“You can go.”

Ek sê vir haar sy moet vir ons koffie reël. Ek gaan nêrens en ek wil 'n verklaring aflê. Haar geweer sê sy behoort 'n verklaring relatief vinnig te kan afhandel.

“Some of my belongings are not in my suitcase. I'd like to open a case of theft.”

Toe wil sy nog verduidelik waar ek moet gaan, maar voor sy by die lidwoord in haar sin kom, sit ek plat op die vloer. Soos een wat wag vir 'n inenting by 'n staatskliniek.

Intussen begin pak sussie die bietjie goedjies wat ek oorhet weer terug in my koffer. En toe besef ek dit help niks. Wat kan ek maak? Daai goed is weg.

Ek haal diep asem en dink aan Ouma se woorde.

Op pad terug Windhoek toe pla dit my. Dis werklik onaanvaarbaar.

Gisteraand het iemand in 'n vuil onderbroek, ná menthol cigarettes, parfuum aangespuit en sy tande sonder 'n tandeborsel geborsel.

By die huis steek ek 'n kers aan, gooi 'n wyntjie en lê op die bank. Ek vergeet van die dag. Daar's erger dinge in die lewe. Ek kan alles wat weg is, weer vervang. Maar dis die beginsel wat my pla.

Toe kry ek 'n WhatsApp-booskap van my kollega. Sy sê van haar goeters is ook weg. Onder meer haar elektriese tandeborsel.

Ek maak my som – ek gebruik die kommin, goedkoop tandeborsels.

Dis seker te outyds en gewoon vir die persoon wat my TV-sokkies dra.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A