My droom
Oupa Pittie skryf:
Moenie jou koerant as 'n versameling slaaptydstories onder jou kopkussing inskuif nie.
Ja, ek het gedroom – 'n nagmerrie opgesaal.
Yslike warrelwind soos onder in die Suide . . . Erg, met baie stof en pondokke en plastiek wat rondvlieg. En toe duidelik: kop- en ribbebene; party van Goreangab af; ander in oop bokse van Duitsland af – swygend al in die huilende rondomtaliestorm.
Hiert, koes! So suis 'n pragtige geblomde Nama-tabberd met 'n Harambee-, ek bedoel 'n Hanse-Himarwa-lyfie in, verby.
Die stof is uit Walvisbaai se koers . . . Warm ooswind.
En jy kan nie die presidensiële motorkade se flitsende blou en rooi ligte deur die stofwolke miskyk nie; altyd daar.
Nog frisse, geblomde GRN-kripvreters dwarrel ook om en om. Bo by hulle se bôdisse is goedgekeurde S&T-vorms en Air Namibia-vliegkaartjies ingedruk. Dis hulle missie om elke beentjie by tannie Merkel te ontvang.
“Vat dit kalm!" gil oom Slukwyn bo die stormgeweld.
“Steur julle nie aan die brullende leeus nie! Hulle is almal rêrag in hulle se sye dodelik gewond; al vyf van hulle!"
En toe skrik ek wakker.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie