Mwoombola terug op kantoor
Die geskorste permanente sekretaris in die ministerie van gesondheid en maatskaplike, dr. Andreas Mwoombola, is terug op kantoor. Volgens 'n verklaring wat deur die kantoor van die eerste minister uitgereik is, is 'n voorlopige ondersoek wat op beweerde ongerymdhede aan die kant van Mwoombola gefokus het, voltooi. Mwoombola is op 18 Julie geskors om 'n ongehinderde ondersoek na die beweerde misdrywe te verseker.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie