Mutorwa vergader met TransNamib-raad oor onmin
‘n Poging is Donderdag aangewend om die geskille binne TransNamib te takel.
Catherine Sasman - ‘n Lank uitstaande vergadering belê deur die minister van werke en vervoer is gehou om onder meer die beweerde nie-samewerking en ontwrigtende gedrag van TransNamib-raadslid Dantagos Jimmy-Melani te bespreek.
Minister John Mutorwa en die raad van die nasionale karweier, asook dié se uitvoerende bestuurder het Donderdag byeengekom.
Mutorwa het gesê ná baie “oor-en-weer” kon ‘n datum vasgestel word vir die vergadering, maar sê hy het voet by stuk gehou dat Jimmy-Melani teenwoordig moet wees. Die minister het maande gelede die raad opdrag gegee dat sy weer daarop moet dien aangesien ander raadslede haar nie mag geskors het nie.
Mutorwa het ook op dié vergadering aangedring aangesien die TransNamib-raad ‘n die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, op 10 September oor die vrystelling van ‘n tender wou spreek. Mutorwa en die voorsitter van die TransNamib-raad, mnr. Paul Smit, het egter geweier om enige inligting oor dié tender te verskaf.
PRIORITEITE
Gedurende die ope sessie van die vergadering het Smit gesê die raad se prioriteit is om die nuwe hoof uitvoerende direkteur, mnr. Johny Smith, en sy span te ondersteun, asook om die strategiese en besigheidsplanne deur die kabinet goedgekeur te kry.
“Sonder ’n goedgekeurde plan kan geen raad of hoof vir TransNamib op die spoor van sukses plaas nie,” het Smit gesê.
Hy het gesê die geïntegreerde, strategiese besigheidsplan is reeds gedebateer, gewysig en goedgekeur by verskeie regeringskantore oor die afgelope twee en ‘n half jaar. Smit het die hoop uitgespreek dat die kabinet dit so gou as moontlik sal goedkeur sodat dit uitgevoer kan word.
Dié plan het vier kernbeginsels. Dit sluit in die vaartbelyning van die maatskappy om effektief, doeltreffend en internasionaal mededingend te word.
Smit sê dit behels ook toestemming van die kabinet om TransNamib toe te laat om sy nie-kernbates as kollateraal te verkoop om herstrukturering te kan finansier en sy infrastruktuur op te gradeer.
Derdens behels dit ‘n onderneming van die regering om spoedig TransNamib se spoorinfrastruktuur op te gradeer om dit mededingend met padvervoer te maak.
Die raad vra ook dat die regering TransNamib moet toelaat om slim vennootskappe binne die raamwerk van die wetgewing op openbare-private vennootskappe te kan aangaan om dienslewering te verbeter.
Smit het voorts gesê een van die grootste uitdagings is om ‘n kopskuif in die maatskappy teweeg te bring.
Hyhet bygevoeg TransNamib moet 'n organisatoriese bestuursverandering ondergaan en dat samewerking tussen alle partye teweeggebring moet word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie