Mutorwa stel nuwe Vleisraad aan
Winsgewende markte moet vir veeboere noord van kordonheining geskep word.
Elvira Hattingh - Die nuutverkose lede van die Vleisraad moet daarop fokus om ’n winsgewende mark vir veeboere noord van die veterinêre kordonheining te skep, om besluite in belang van die groter vleisbedryf te neem en om hulself van relevante wette en beleide te vergewis.
Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, het gister die nuutverkose lede van die Vleisraad vir 2017 tot 2020 aangekondig.
Me. Patricia Gurubes sal vir die tweede termyn as voorsitter dien en dr. Archibald Norval is as ondervoorsitter herkies.
Ander lede is me. Mary Kalangula, dr. Lucia Marius, me. Rosa Katjivena, mnr. Ramana Mutjavikua, mnr. Floris van Niekerk (ook herkies), mnr. Sikunawa Negumbo, me. Yvonne Howaes, me. Julene Meyer, mnr. Johannes Balzaar en mnr. Alfred Chilinda.
Mutorwa sê hy het op versoek aan landbou-organisasies soos die Namibië Nasionale Boere-unie (NNFU), asook die Namibië Landbou-unie (NLU), bemarkingsagente, die ministerie self, vervaardigers en handelaars in vleisprodukte, voorstelle en CV’s van 35 mense ontvang.
Daarna moes hy nege verteenwoordigers vir lewendehawe produsente, een vir die vleisvervaardigingsbedryf, een vir handelaars en een vir bemarkingsagentskappe aanstel.
Die helfte van die raad is vroulik, net soos die vorige raad.
Weens hul ervaring is drie raadslede uit die vorige termyn weer aangestel.
Mutorwa het lede gevra om te onthou dat hulle die belange van die totale vleisbedryf moet bevorder en nie net die individuele instansies wat hulle verteenwoordig nie.
Hy het gesê voor die uitbreek van bek-en-klouseer verlede jaar, is daar aan ’n wetenskaplike verslag vir die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) gewerk met die doel om die noordelike kommunale gebiede ook as siektevry te verklaar. Dit sou veeboere in die gebied vir internasionale markte oopstel.
“Die uitbreek van bek-en-klouseer in 2015 het ons 20 jaar teruggeneem en dié gebeid kan dus nie siektevry verklaar word nie. Die grootste deel van Namibië se beeskudde, sowat 1,4 miljoen beeste, kom egter in daardie gebied voor. Die regering het die moontlikhede om ’n politieke besluit te maak ondersoek en om die veterinêre kordonheining eenvoudig te verwyder, maar het besluit dat die gevolge verwoestend sal wees,” het Mutorwa gesê.
“Maar ons moet steeds ’n oplossing vir hierdie beesboere vind en markte vir hulle skep. Ons het altyd verskonings soos ’n gebrek aan hulpbronne, maar hierdie mense moet kan deelneem aan die land se ekonomie. Dis nie waar dat hulle steeds bestaansboere is nie, hulle het lankal verby daardie punt beweeg en al wat hulle terughou, is toegang tot markte.”
Hy het gesê onderhandelings op die hoogste vlak oor die bou van ’n internasionale grens tussen Namibië en Angola gaan voort.
Mutorwa het die raad aangemoedig om vertroud te raak met relevante beleide en wette asook die gemeenskaplike visie van die lewendehawe- en vleisbedryf.
“Laasgenoemde behels dieregesondheid en –welstand asook kosveiligheid, produksie, waardetoevoeging, bemarking en die handel in produkte en die konsolidering van die bedryf,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie