Musk sing nou ander deuntjie oor Tesla

28 August 2018 | Tegnologie
Elon Musk, die uitgesproke uitvoerende hoof van Tesla, het besluit dit is dalk nié so ’n goeie plan om die maatskappy te denoteer nie.

Musk het Vrydagaand laat in ’n blog geskryf hy het nadat hy met Tesla se direksie vergader het, besluit dit is dalk beter om maar eerder nie te denoteer nie.

Tesla is op die Nasdaq in New York genoteer.

“Die direksie het aangedui hulle stem saam om nie die maatskappy te denoteer nie”, skryf Musk.

Musk het sowat twee weke gelede groot chaos veroorsaak toe hy sonder enige waarskuwing getwiet het dat hy beplan om die maatskappy te denoteer.

Die plan was om $420 per aandeel aan te bied.

Volgens hom het hy reeds die finansiering hiervoor gehad.

Sy skielike ommeswaai het spekulasie oor presies hoe hy die transaksie sou finansier, tot ’n einde gebring.

Musk se gedrag, wat ’n tranerige onderhoud met The New York Times ingesluit het, het daartoe gelei dat voorstelle gemaak is dat Tesla ’n bedryfshoof aanstel om hom te help.

Musk het op 13 Augustus in ’n blog geskryf hy glo dat nadat hy gesprekke met Saoedi-Arabië se openbare beleggingsfonds gevoer het, hy die finansiële steun het om Tesla te denoteer.

Nou, twee weke later skryf hy dat hoewel hy steeds glo daar “meer as genoeg finansiering” beskikbaar is, dit té lank gaan neem om die maatskappy te denoteer en dit sy aandag sal aflei.

“Dit is duidelik dat, gegewe die terugvoering wat ek ontvang het, die meeste van Tesla se bestaande aandeelhouers glo dit is beter as die maatskappy genoteer bly,” skryf Musk.

“Hoewel die meeste aandeelhouers met wie ek gepraat het gesê het hulle sal by Tesla bly as ons denoteer, was die gevoel – in ’n neutedop – ‘moet dit asseblief nie doen nie’.”

Musk wou nie Vrydag enige verdere kommentaar lewer oor hoekom hy van besluit verander het nie.

Hy was soos gewoonlik Vrydag laat nog besig om te twiet, maar het op SpaceX en Hyperloop gefokus.

SpaceX is sy maatskappy wat op die ruimte fokus terwyl Hyperloop weer ’n tegnologie is om ondergrondse vervoer moontlik te maak.

Tesla se direksie het in ’n afsonderlike verklaring Musk se besluit bevestig en ook aangekondig hy ontbind die spesiale komitee wat hy geskep het om die uitvoerende hoof se voorstel te oorweeg.

“Ons ondersteun Elon ten volle soos wat hy voortgaan om die maatskappy op die regte pad te plaas,” sê die onafhanklike direksie.

“Dit was net Elon wat wou denoteer,” sê Ross Gerber, uitvoerende hoof van die fondsbestuurder Gerber Kawasaki in ’n twiet.

Stephen Diamond, ’n mede-professor in regte aan die Santa Clara-universiteit in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië sê sy raaiskoot oor wat gebeur het is dat “groot beleggers vir Elon gesê het ‘hierdie klink bietjie halfgebak’.”

– Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Soortgelyk

 

Kraam buite kliniek - verpleegsters geskors

9 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Twee verpleegsters wat ‘n hoogswanger vrou by die Okuryangava-kliniek glo weggewys het, is in opdrag van die minister van gesondheid en maatskaplike...

Lewenslank vir Suide-verkragters

9 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh en Ronelle Rademeyer - Twee mans wat vroue op Mariental en Tses verkrag en vermoor het, is gister in twee afsonderlike sake vonnisse...

Schlettwein sê oor TIPEEG, FOCAC

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting – In die eerste plek is Namibië se ekonomie besig om aan te pas by ’n nuwe pad van groei nadat dit een...

Weer vir 19 September

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal baie tot bloedig warm in die Noorde wees.KUS:...

TransNamib op soek na nuwe direksie

9 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman Die ministerie van werke en vervoer het in 'n openbare kennisgewing aangekondig dat nuwe direksielede vir TransNamib gesoek word. Die huidige direksie se...

Esau: Visvangkwotas kan nie verkoop word

9 ure gelede | Ministeries

Leandrea Louw Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gewaarsku visvangkwotas kan nie verkoop word “om vinnig geld te maak nie”....

Help soek na vermistes

9 ure gelede | Misdaad

Tanja BauseDie Namibiese polisie vra die publiek se hulp in die opsporing van twee vermiste mense. Die 14-jarige Niita Fillemon word sedert 19:00 verlede Woensdag...

Grond: Wit boere wíl praat

9 ure gelede | Ministeries

Elvira HattinghDie president van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, sê dit is onwaar dat wit kommersiële boere nie in gesprek tree...

Vrou haal die byt uit veghond

9 ure gelede | Omgewing

Die naam Amerikaanse veghond (pit bull terrier) het al ‘n vloekwoord geword en boesem vrees by die meeste mense in. Geen ander honderas het in...