Munisipaliteit wil self huise bou
Die munisipaliteit beplan om herstelwerk aan verskeie strate en paaie in en om Windhoek te doen.
Elvira Hattingh – Die munisipaliteit gaan vanjaar, as deel van ’n loodsprojek, twee- en drieslaapkamerhuise in Khomasdal laat bou in ’n poging om ’n demper op drasties groeiende eiendomspryse te plaas en die bottelnek te verlig as dit by die verskaffing van huise kom.
Dié huise sal op 79 erwe in uitbreiding 16 as deel van ’n gesamentlike onderneming tussen Oluzizi Engineering and Construction en Amibex gebou word.
“Daar was verskeie versoeke dat die munisipaliteit moet oorweeg om huise te bou, wat baie sal help met die stad se behuisingsdebakel,” het die munisipaliteit se nuwe uitvoerende hoof, Robert Kahimise, tydens die afgelope stadsraadsvergadering gesê.
“Dit is dus hoog tyd dat so ’n inisiatief aangepak word. Hierdie is die eerste stap sodat die munisipaliteit kan stoom optel om aan die huiskonstruksiebedryf deel te neem.
“Voorts sal die munisipaliteit ook meer geleenthede ondersoek sodat die diens van erwe en beskikbaarstelling daarvan versnel kan word,” het Kahimise gesê.
Verder is bekend gemaak dat die stadsraad die opgradering van ses gebiede in die informele nedersetting Havana goedgekeur het. Dit sal dan in altesaam 267 erwe opgedeel word vir sowat 400 huishoudings, en individuele munisipale dienste sal aan dié mense verskaf word.
“Windhoek se bevolking groei teen sowat 9,46% per jaar, wat bydra tot die uitbreiding van informele nedersettings rondom die stad. Dit is van groot belang dat dié gebiede geformaliseer word en genoegsame en bekostigbare dienste verskaf word,” het Kahimise gesê.
HERSTELWERK AAN STRATE
Die munisipaliteit sal tussen die middel van April en Oktober vanjaar verskeie teerpaaie in Windhoek herteer, waaronder dele van Robert Mugaberylaan, Sam Nujomaweg, Onafhanklikheidsrylaan, Mandume Ndemufayorylaan, asook Hans Dietrich Genscherrylaan.
Tydens die afgelope stadsraadsvergadering het Kahimise gesê die munisipaliteit moet altesaam sowat 780 km se paaie in en om die stad onderhou en verskeie hiervan is reeds afgeleef, wat beteken dringende instandhoudingswerk is nodig.
“Onder ideale omstandighede moet hierdie op ’n gereelde basis gedoen word, maar weens finansiële redes is dit bykans onmoontlik.
“Wanneer die boonste lae van paaie erg verweer is, kan dit teen ’n koste van sowat N$2,45 miljoen herwin en hergebruik word. Dan moet die pad ook nog met teer teen water en stof verseël word. Dit kos tussen N$420 000 en N$1,52 miljoen per km om teerpaaie te verseël,” het hy gesê.
WATERBESPARING
Tydens die vergadering is Windhoekers ook gemaan om steeds water te spaar, aangesien daar reeds meer water van die sentrale waterstelsel onttrek word as wat dit op ’n volhoubare basis kan voorsien.
“Sedert die middel van Januarie het mense gemiddeld net 27% water per maand bespaar – wat nie ideaal is nie. Dit lyk of mense dink die watertekort is iets van die verlede.
“Hoewel die onmiddellike krisis ontduik is, gebruik ons te veel water en die gaping tussen vraag en aanbod groei, wat die moontlikheid van ’n verdere krisis in die toekoms verhoog,” het Kahimise gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie