Munisipaliteit draai briek aan met nuwe busroetes
Maria Eiseb - Grootskaalse verwarring wat ontstaan het nadat die Windhoek-munisipaliteit verlede week nuwe busroetes ingestel het, het tot die summiere opskorting daarvan gelei.
Die munisipaliteit het gister ‘n verklaring uitgereik waarin hy sê “sekere bedryfsuitdagings” het die staking van die nuwe roetes genoodsaak.
Me. Lydia Amutenya, woordvoerder van die munisipaliteit, het by navraag erken “chaos” met die nuwe roetes was die oorsaak vir die besluit.
Soos in die verlede, moet die publiek van vandag af die stad se sewe “ou” busroetes gebruik. Passasiers sal van bushaltes in hul woonbuurte na hul bestemmings vervoer word.
Die nuwe busroetes sal weer volgende jaar ingestel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie