Munisipale werkers betoog oor kontrakte
Munisipale skoonmakers van Windhoek werk op vastetermynkontrakte, maar het met die hulp van Napwu ’n klagskrif opgestel met die hoop op verandering.
Kristien Kruger – Sowat 600 skoonmakers het gister tydens middagete na die Windhoek munisipale hoofkantore opgeruk om ‘n klagskrif aan die burgemeester, me. Fransina Kahungu, te oorhandig.
Hulle eis permanente aanstelling en indien die versoek nie voor 15 Julie nagekom word nie, waarsku die gegriefdes hulle sal aanhou betoog.
“Ons is met SWANLA-tipe kontrakte aangestel en is patetiese salarisse betaal wat ongetwyfeld die arbeidswet oortree” lui die klagskrif.
Kahungu het gesê die stadsraad sal oor die saak besin.
Volgens die werkers is die skoonmaak van die hoofstad ’n voltydse taak wat altyd die munisipaliteit se verantwoordelikheid sal wees.
Daarom eis hulle permanente aanstellings.
Volgens die werknemers het hulle verlede week kennis ontvang dat hulle kontrakte op 31 Julie beëindig sal word. Die kennisgewing is gerig aan skoonmakers wie se kontrakte op 1 Januarie begin het.
Die werkers sê dis onregverdig dat hulle in hierdie moeilike tyd werkloos sal wees.
Die hoof van korporatiewe kommunikasie by die munisipaliteit, me. Lydia Amutenya, het aan Republikein gesê hierdie werkers is nog altyd op vastetermynkontrakte aangestel, omdat hulle voorheen deur privaatmaatskappye aangestel is.
“Wanneer hulle kontrakte by privaataanstellings verval het, het die staat vir hulle werk gegee,” het sy verduidelik.
Die werknemers het hul besems en vullissakke gebruik om tydens hul opmars die straat skoon te maak. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie